Department of History
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of History by Subject "Afrikaans language -- South Africa -- Stellenbosch"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie debat oor die posisie van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch : 'n ontleding(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2008-09) Scholtz, Ingrid; Scholtz, LeopoldAFRIKAANSE OPSOMMING: Die debat oor die plek van Afrikaans en Engels as onderrigmedium aan die Universiteit Stellenbosch het sedert sy begin in 2002 nie baie duidelikheid verskaf nie. In dié artikel word ’n poging aangewend om die debat te analiseer en vas te stel waar en waarom die opponente verskil. Om dinge kort te hou is drie verteenwoordigers van albei kante – die sogenaamde A-opsioniste en die T-opsioniste – vergelyk. Die eerste groep meen dat dubbelmedium noodwendig lei tot die verdwyning van die swakker taal, in dié geval Afrikaans; dat die Universiteit in werklikheid nie eens die minimum voorwaardes vir die T-opsie nakom nie; dat die dubbelmediumprojek ideologies gedrewe is; en dat dit die belange van die arm gekleurde Afrikaanssprekende studente verwaarloos. Die T-opsioniste is van mening dat ’n universiteit se taak nie is om ’n taal te beskerm nie, maar om akademiese uitnemendheid te bevorder; dat eentalige Afrikaanse onderrig die Universiteit op die glybaan na parogialisme en isolasie plaas; dat ’n multikulturele benadering beter is as kulturele apartheid; en dat die beweging na Engels noodsaaklik is vir transformasie. Die argumente word dan geweeg, en die slotsom is dat waar die A-opsioniste hul argumente hoofsaaklik op akademiese en pedagogiese gronde baseer, die T-opsioniste se benadering veral ideologies is. Daar word ook bevind dat die Topsie op Stellenbosch sodanig toegepas word dat die eindproduk waarskynlik eerder ’n eentalige Engelse Stellenbosch is.