Browsing by Author "Wildenboer, Liezl"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemPretorius v Dietrich 1872 : klinkende munt of papiergeld?(LitNet, 2015-04) Wildenboer, Liezl; Dietrich, KeithDaar was geen amptelike hofverslae in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) voor 1877 nie. Hierdie bydrae gee ’n rare blik op ’n regsdispuut wat uit die vroeë 1870’s dateer. Die feite van die dispuut is afgelei uit verwante argivale bronne, aangesien die oorspronklike hofdokumentasie nie gevind kon word nie. Pretorius het ’n eis ingestel teen Dietrich op grond van ’n skuldbewys. Dietrich het daarop die uitstaande bedrag in papiergeld betaal. Weens die destydse depresiasie van die papiergeld, het Pretorius egter aangedring op betaling in klinkende munt. Dietrich het appèl aangeteken teen die vereiste betaalmiddel en verskeie regeringsbeamptes by die dispuut betrek. Ten einde die konteks van die dispuut te verstaan, word ’n kort beskrywing van die ekonomiese omstandighede van die ZAR gegee met spesifieke klem op die verskeie uitgiftes van papiergeld. Daarna word die feite van die dispuut chronologies uiteengesit en die betrokkenheid van die regeringsamptenare verduidelik. Die bydrae kyk in die besonder na drie knelpunte wat uit die dispuut na vore gekom het, naamlik die onafhanklikheid van die regbank, die destydse regsposisie ten aansien van die betaling van skuld in ’n sekere betaalmiddel, en die relevansie van sekere gemeneregbronverwysings waarop die verweerder gesteun het.