Browsing by Author "Van der Merwe, Mieke"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie plek van transkulturele kinderprenteboeke in Suid-Afrika(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-03) Van der Merwe, Mieke; Dietrich, Keith; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Visual Arts.AFRIKAANS OPSOMMING: Hierdie verhandeling is ‘n kritiese analise, vanuit my uitgangspunt as illustreerder, oor die rol wat transkulturele kinderprenteboeke in ‘n kontemporêre Suid-Afrika speel. Kinderprenteboeke het die vermoë om kinders se siening van die wêreld te vorm en hulle visueel en intellektueel te stimuleer. Dit kan hulle ook blootstel aan nuwe dinge en hul verbeelding prikkel om sodoende ‘n leeskultuur te ontwikkel. Tog word die waarde van hierdie medium in Suid-Afrika geringgeskat. Die meeste kinderboeke word uitgegee vir opvoedkundige doeleindes; daarby is die koste van boeke baie hoog, wat bydra tot die land se swak leeskultuur. Boeke word ook grootliks in Afrikaans en Engels uitgegee, met slegs enkele voorbeelde wat ‘n hibriede Suid-Afrikaanse samelewing uitbeeld. My uitgangspunt vir hierdie studie is om ‘n bewustheid te skep van die voordele wat transkulturele kinderprenteboeke kan hê op kinders se kulturele identiteit, visuele geletterdheid, asook hul siening van ander kulture. Die navorsing fokus bykomend op die verskil tussen multikulturalisme en transkulturalisme en waarom transkulturele kinderprenteboeke ‘n beter medium is vir kinders binne ‘n Suid-Afrikaanse konteks. Om hierdie doelwit te bereik, ondersoek ek die plek wat kinderprenteboeke vanaf 1900 tot en met vandag in Suid-Afrika ingeneem het. Die wyse waarop kultuur visueel in hierdie boeke uitgebeeld word, asook die invloed daarvan op kinders, beklemtoon die behoefte aan transkulturele kinderprenteboeke. Om te kan begryp oor watter eienskappe ‘n transkulturele kinderboek moet beskik, word die inhoud en samestelling ondersoek. Ten slotte implementeer ek hierdie bevindinge deur my eie boek, Thandi goes to Cape Town, te skep. Ek lees hierdie boek voor aan ‘n laerskoolklas om dié prakties-geleide navorsing in praktyk toe te pas. Ná die voorlesing toon die kinders se positiewe reaksie dat transkulturele kinderprenteboeke wel ‘n baie positiewe invloed op kinders kan hê, wat die belangrikheid van verdere studie in hierdie veld herbevestig.