Browsing by Author "Troskie, Sandra"
Now showing 1 - 4 of 4
Results Per Page
Sort Options
- ItemGevoelens, welstand en religie : 'n toepassing van Antonio Damasio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie(LitNet, 2020) Troskie, SandraAlhoewel kulturele gedrag verbluffend wyd in die diereryk waargeneem word, is die mens oënskynlik die enigste spesie wat nie net ons uitwendige omgewing nie, maar ook die innerlike omgewing van ons gevoelens kultiveer. Oor millennia sou dié epigenetiese ingryping op die gemoed volgens ’n klein, maar invloedryke aantal wetenskaplikes ’n vername neerslag in daardie aannames en praktyke vind wat die kern van die mensdom se religieë vorm. In dié artikel word António Damásio – een van die invloedrykste neurowetenskaplikes van ons tyd – se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand as teoretiese raamwerk ontwikkel vir ’n bespiegelende ondersoek na die evolusionêre druk wat tot die ontwikkeling van dié vermoë sou lei. Religie, so word aangevoer, ontstaan in aannames en praktyke wat die toegewyde in staat stel om die gevoelens en bewussyn wat deur groepslewe ontlok word, op wyses te reguleer wat die gemoed vir optimale welstand bestendig. Indien groepslewe inderdaad die oorsaak eerder as die gevolg van religie is, behoort daar ’n verband te wees tussen die ontstaan en evolusie van historiese religieë enersyds, en samelewingsveranderinge wat die gemoed van die enkeling in beroering bring, andersyds. Dié voorspelling moet egter nog aan die ontwikkelingsgeskiedenisse van historiese religieuse tradisies getoets word.
- ItemDie ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie : 'n Genealogiese verkenning(2020) Troskie, SandraDie opkoms van die sosiobiologiese wetenskappe sedert die vorige eeu kan tereg beskou word as ’n oortydige erkenning van Darwin (1872) se insig dat nie net ons vlees nie, maar ook ons gees in ’n wereld van organe, selle en gene gebed is. Een van die gevolge van die insig is dat religie – vir lank as die uitsluitlike domein van die mens- en sosiale wetenskappe beskou – toenemend ook ’n onderwerp van studie vir die biologiese wetenskappe sou word. Die doel van die huidige artikel is nie om die biologiese benadering tot religie te kritiseer nie, maar om die aandag te vestig op die bedenklike oorsprong en invloed van een van die sleutelaannames aan die grond van die meerderheid van die studies. Dit is naamlik dat religie slegs met verwysing na die bonatuurlike en/of die buitengewone gedefinieer kan word. Die aanname vorm daarom die genealogiese fokuspunt vir ’n verkennende ondersoek na die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie as sodanig.
- ItemReligie as mensontwikkeling : 'n studie van John Cumpsty se teorie van religie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997) Troskie, Sandra; Stellenbosch University. Faculty of . Dept. of .
- ItemVan Homo na sapiens: Die evolusionere rol van religie in die ontwikkeling van die mens(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-03) Troskie, Sandra; Craffert, Pieter F.; Watson, Bruce W.; Van den Heever, Jurie; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Information Science.ENGLISH ABSTRACT: Studies in the health sciences have found overwhelming evidence for a positive correlation between religious practice and the life quality and life expectancy of religious practitioners. Given the strong indications that religious practice affects the way in which the brain processes feelings, one may reasonably assume that the processes of evolution have selected for religion because religious beliefs and behaviour has enabled the practitioner to cultivate his or her inner world of feelings to the benefit of personal wellbeing. If this is the case, these studies offer scientific support for one of the most common claims of religious traditions around the world, namely that unbridled feelings pose a threat to the welfare of both self and society. The fundamental problem with this assumption, however, is the fact that etiological and primatological research shows that feelings are not unique to humans, but are in fact physiological states shared by several social species. This is a strong indication that evolution has probably selected for feelings because these dispositions promotes the welfare of some social species. The question to ask is therefore why it is that humans are the only species for whom the processes of evolution found it advantageous to select for attributes that would enable us to cultivate not only our external environments, but also the inner worlds of our feelings? This question underpins the ultimate goal of this thesis, which is to utilise religion as a lens for conducting a neuro-cultural enquiry into the processes by which an "anatomical, neurological, genetic, physiological ape”, in the words of prominent neuroscientist Vilayanur Subramanian Ramachandran, becomes human. The focus is thus not on religion as a cultural phenomenon, but rather on what the emergence of this phenomenon — and its impact on both our evolution and personal wellbeing—reveals about the nature and existence of human life.