Browsing by Author "Pistorius, Juliana M."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemBurgerskap onder konstruksie : Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971(LitNet, 2021) Pistorius, Juliana M.; Roos, HildeTer viering van die tienjarige bestaan van die Republiek van Suid-Afrika in Mei 1971, is twee operas van Giuseppe Verdi, Aida en Rigoletto, vir Kaapse gehore op die planke gebring. Die produksies was egter vir verskillende gehore bedoel – Aida, opgevoer in die splinternuwe Nico Malan Skouburg (vandag Kunstekaap) in Kaapstad vir die wit publiek, en Rigoletto, opgevoer in die Joseph Stone Ouditorium in Athlone vir die bruin publiek. Hierdie artikel ondersoek hoe die 1971-Republiekfees ingespan is om burgerskap onder die jong nasie te bevorder en hoe hierdie twee feesproduksies die ideologiese onderbou van apartheid bevestig het. Mona Ozouf se teoretisering van openbare feeste word as lens gebruik om aan te dui hoe die Republiekfeesvieringe daarop gemik was om ’n sosiale verbond tussen die staat en sy mense te sluit, en hoe die feesvieringe die mag van die Suid-Afrikaanse staat moes illustreer. Deelname aan die geleentheid het die individu as burger herdoop, waardeur hy sy regmatige plek kon inneem as legitieme lid van die nasie. Spesiale fokus word gegee aan die opening van die Nico Malan Skouburg wat die Republiekfeesvieringe afgeskop het en die protesaksies teen die rassebeleid wat die openingsgeleentheid voorafgegaan het. Protesbriewe van skrywers soos Uys Krige en Adam Small illustreer hoe die Eoan Groep kontrasterende openbare sentimente soos simpatie en verwerping ontlont het. Tesame met ’n bespreking van die verskille tussen die Nico Malan en die Joseph Stone, word die opvoeringe van elk van die operas in die onderskeie ruimtes onder die loep geneem om te illustreer hoe die produksies uiteenlopende aspekte van Suid-Afrikaanse kulturele aspirasies verteenwoordig het. KRUIK se Aida was ’n toonbeeld van Afrikaner-eksepsionalisme terwyl Eoan se Rigoletto aanspraak gemaak het op ’n nagestrewe kulturele uitnemendheid.