Browsing by Author "Nel, Carryn-Ann"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemSosiale verantwoordelikheid, toegang tot inligting, en nuusmodelle in Suid-Afrika: ’n gevallestudie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2023-12) Nel, Carryn-Ann; Rabe, Lizette; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.AFRIKAANSE OPSOMMING: The New York Times het in 2011 die eerste digitale publikasie geword wat lesers gevra het om vir inhoud te betaal. Dit was in die jare ná die wêreldwye resessie tussen 2007 en 2008 waartydens die joernalistiek swaar getref is . Benewens die feit dat koerante se sirkulasiesyfers begin daal het en publikasies gedwing is om hul nuus aanlyn te skuif, is geen inkomste daaruit genereer nie. Lesers het nie vir inhoud aanlyn betaal nie en publikasies het ook gesukkel om ’n inkomste uit adverteerders te verhaal aangesien adverteerders nog nie die skuif gemaak het om op digitale webwerwe te adverteer nie . Adverteerders het verkies om na groot name soos Google en Facebook te stroom . Dus is m ediamaatskappye gedwing om nuwe maniere te vind om die joernalistiek volhoubaar te maak en te befonds. Dit is met hierdie agtergrond wat ek hierdie navorsingsprojek aanpak, wat fokus op die impak van nuusmodelle, en spesifiek betaalmure, in Suid Suid-Afrika. Sunday Times was in 2012 die eerste publikasie om sy lesers te vra om vir inhoud te betaal, en vand ag, tien jaar later, vra meer publikasies hul lesers om dieselfde te doen. Die sosiale verantwoordelikheidsteorie het rigting tot dié studie gegee deur vrae te vra oor die impak van verskillende nuusmodelle op ’n Suid-Afrikaanse gehoor. Dié studie kyk na vier publikasies wat elk ’n verskillende nuusmodel bedryf. Die studie neem dit een stap verder en ondersoek ook die aspek van toegang tot inligting. Die navorsingsontwerp is ’n gevallestudie wat kwalitatief van aard is. Semi- gestruktureerde onderhoude is met vier redaksionele leiers van die publikasies gedoen ten einde die navorsingsvrae te beantwoord. Daar is bevind dat die joernalistiek slegs volhoubaar kan wees as lesers daarvoor betaal.Trouens, om ’n betaalmuurmodel te hê en om lesers te vra om vir die inhoud te betaal, dra by tot die bevordering en kwaliteit van joernalistiek. Daar moet wel daarna gekyk word om alternatiewe nuusmodelle te vestig om nie lesers uit te sluit wat dit nie kan bekostig nie.