Browsing by Author "Ludemann, Winfried"
Now showing 1 - 6 of 6
Results Per Page
Sort Options
- ItemAfrikaans en Musiek. Kantaantekeninge van iemand wat aan die kant teken(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2017-06) Ludemann, WinfriedTeen die agtergrond van vrae oor die toekoms van Afrikaans stel hierdie artikel vokale musiek as 'n eie "bestaansdomein" van taal aan die orde. Die spesifiek musikale kenmerke van Afrikaans in vergelyking met ander tale word ondersoek asook die implikasies daarvan vir die komponis van Afrikaanse musiek. 'n Kritiese oorsig word verskaf oor toonsettings van Afrikaanse tekste van die afgelope eeu, veral wat kunsliedere met klavierbegeleiding en verwerkings van Psalms en Gesange betref. Die betekenis van die huidige opbloei van koormusiek in Suid-Afrika word geskets en 'n pleidooi word gelewer dat koormusiek erken word as 'n belangrike domein waarin Afrikaans as kultuurtaal bestaan. Persoonlike woord vooraf Hierdie artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n nie-Afrikaanssprekende buitestander wat van die kantlyn af na ontwikkelinge rondom Afrikaans kyk. As geleentheidskomponis het ek 'n aantal beskeie bydraes tot Afrikaanse koormusiek gelewer en ek het in hierdie verband baie besin oor die musikale potensiaal van die Afrikaanse taal in vergelyking met ander tale waarin ek ook gekomponeer het. Teen my aanvanklike vooroordeel in het Afrikaans my as musiektaal toenemend begin fassineer. Ek het agtergekom dat die potensiaal daarvan as taal vir koormusiek nog nie behoorlik ontdek en ontgin is nie. Dit is hoe die titel van hierdie artikel verstaan moet word.
- ItemMusiek en kulturele diversiteit in Suid-Afrika(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2009-12) Ludemann, WinfriedHierdie artikel gaan uit van die mening dat die politieke versoening, wat tot die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika gelei het, nie gepaardgegaan het met ’n ooreenkomstige en gelykwaardige versoening op die sosiale en veral kulturele terreine nie. Hierdie “onafgehandelde besigheid” gee toenemend aanleiding tot spanning op allerlei vlakke, soos die taalkwessie, plekname, interpretasie van die geskiedenis, skoolleerplanne, ens. Ook op die gebied van musiek – veral in die openbare media, die onderwys en die toedeling van fondse – is hierdie probleme merkbaar. Om die bydrae te ondersoek wat musiek kan maak tot versoening van die soort konfl ik wat potensieel met kulturele diversiteit gepaardgaan, word dit gekoppel aan die begrip menswaardigheid, gebaseer op die opvatting dat musikaliteit ’n universele kenmerk is wat met die evolusie van homo sapiens na vore gekom het. Met musiek (soos met taal) artikuleer die mens sy menswees en dus sy menswaardigheid. Met verwysing na moderne ekumeniese teologie word daar tot die gevolgtrekking gekom dat ’n versoening van musikale (en by implikasie ook kulturele) diversiteit slegs op die basis van menswaardigheid en vanuit ’n houding van selfkritiek bereik kan word. Dit gaan daarom dat die ander se estetiese sienings aanvaar word sonder om jou eie sienings prys te gee. Vanuit ’n posisie van selfkritiek word dit moontlik om elkeen se reg te erken om sy eie musikale identiteit te kies terwyl die verskillende musiekstyle terselfdertyd aan kritiek onderwerp kan word. ’n Musikale (en intellektuele) middelgrond word bepleit waar die verskillende musiekstyle met mekaar in interaksie kan tree sonder om noodwendig hulle eie estetiese paradigmas te moet prysgee. Demokrasie verskaf die mees geskikte raamwerk waarbinne dit kan plaasvind. Gebrek aan kulturele versoening in Suid-Afrika, en die konfl ikpotensiaal wat dit inhou, kan die delikate ooreenkomste wat veertien jaar gelede op politieke terrein bereik is, ongedaan maak. Sodanige musikale versoening sou as ’n belangrike model kon dien vir ’n veel breër kulturele versoening.
- ItemMusiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika(2009-04) Ludemann, WinfriedAs 'n mens 'n intreerede voorberei, dan vra jy jouself noodgedwonge af watter soort voordrag 'n intreerede nou eintlik is. Aan die een kant word daar sekerlik verwag dat dit op een of ander wyse 'n vakkundige voordrag moet wees, aan die ander kant moet ek ook die persone in aanmerking neem wat nie ewekniemusiekvakkund iges is nie en dus seker in iets meer algemeen belangstel, of dalk selfs 'n toekomsvisie of aanduiding van beleidsrigting vir die Departement Musiek verwag. Daarom wil ek poog om in my voordrag drie verskillende klemme te plaas: i.) ek wi! poog om in die voordrag wei 'n aanduiding van my uiteenlopende navorsingsbelangstellings te gee op 'n wyse wat algemeen verstaanbaar ls,' ii.) ek wil probeer om daaruit gevolgtrekkings te maak vir 'n duideliker fokus vorentoe vir die Departement Musiek, waarvan ek die voorreg het om voorsitter te wees, en iii.) ek wil aantoon hoe musiek en navorsing oo r musiek na my mening 'n bydrae kan lewer tot die breer navorsingsfokus van die Universit eit Stellenbosch. En omdat ons vanmiddag in 'n musiekomgewing is, het ek besluit om sommer die daad by die woord te voeg en te wys hoe ek persoonlik probeer om van hierdie idees op my beskeie manier ook in musiek om te sit.
- ItemMusiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika(Stellenbosch : Stellenbosch Universiteit, 2009-04-21) Ludemann, WinfriedIn die voordrag word drie verskillende klemme geplaas: i.) aanduiding van uiteenlopende navorsingsbelangstellings is, ii.) gevolgtrekkings daaruit vir 'n duideliker fokus vorentoe vir die Departement Musiek, en iii.) hoe musiek en navorsing oor musiek 'n bydrae kan lewer tot die breër navorsingsfokus van die Universit eit Stellenbosch. 'n Voorbeeld volg van hoe die skeppende kuns op 'n heel spesifieke manier 'n rol te speel het in die uitdagings wat ons omgewing vandag aan ons stel. Die voordrag word in die volgende punte ingedeel: 'n Hoofdeel wat handel oor diversiteit, gevolg deur gedagtes oor musiek in die konteks van 'n diverse kulturele omgewing en hoe musiek met die herstel en uitbouing van menswaardigheid in ons samelewing in verband gebring kan word, 'n samelewing wat vandag gelukkig binne die raamwerk van 'n demokratiese bestel funksioneer. Daar word afgesluit met enkele opmerkings oor die navorsingsfokus in die Musiekdepartement en aan die Universiteit Stellenbosch.
- Item"Raak getref en tog onaangetas gelaat." Parodierende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie(LitNet, 2022) Holder, Alene; Ludemann, WinfriedIn sy toonsetting van D.J. Opperman se “Met apologie” maak Roelof Temmingh van verskeie tegnieke gebruik om die reeks parodiërende gedigte musikaal te vertolk. Hierdie artikel ondersoek die verhouding tussen teks en musiek in Met apologie deur die siklus aan die hand van stilistiese kenmerke en musikale intertekstuele verwysings te bestudeer. Temmingh se vermoë om in uiteenlopende style te komponeer is ’n belangrike faktor in hierdie bespreking. Hy verwys byvoorbeeld na die musiek van Claude Debussy, Anton Webern, Paul Hindemith en Dmitri Sjostakowitsj, asook na kabaretstyl om die stemming en parodiërende (of selfs satiriese) kommentaar van Opperman se teks te verklank. Temmingh se toonsetting vertolk egter nie net die strekking van Opperman se teks nie, maar resoneer ook met wyer aspekte van die oeuvres van digters wat nageboots word. Die liedsiklus bied verskeie vertolkings van die sentrale karakter: die weduwee Viljee. Sy word soms as tragies, soms as komies, soms as eroties en soms as kranksinnig uitgebeeld.
- ItemWindows on South African Art Music in the European Tradition(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2020-12) Ludemann, Winfried; Grobler, PieterENGLISH ABSTRACT: Although South African art music in the European tradition has a history of almost one hundred years, no comprehensive overview of this tradition has yet been written. Nine articles on widely diverging topics, written over the course of seventeen years, are brought together in this senior doctoral dissertation in an attempt to highlight some particularly relevant aspects of this tradition. They represent the “windows” through which the tradition is viewed. Besides studies on a number of landmark works and their composers, the compilation also includes contributions of a more conceptual nature. The changing musical culture in our country provides the context within which to subject South African art music in the European tradition to a comprehensive critique and to grapple with the question of its future. These considerations provide the frame within which the various topics are considered. They include the difficult matter of music and cultural diversity, the intellectual and aesthetic history of the Music Department of Stellenbosch University as well as the insufficiently understood and explored musical potential of the Afrikaans language, especially in respect of choral music. In addition, particularly pertinent examples of patriotic music from the era of Afrikaner nationalism are examined, compared to similar music elsewhere, and categorised. The focus falls on a number of songs and a work of symphonic proportions, Suid-Afrika – Nag en Daeraad by Hubert du Plessis. This is followed by a comprehensive discussion of textual and contextual aspects of Arnold van Wyk’s symphonic suite Primavera. In the latter part of his life the conductor and composer Gideon Fagan contributed a number of large-scale compositions to the creative tradition in question. Two of these, Karoo Symphony, an important example of landscape music, and the oratorio Een Vaderland are analysed in respect of their artistic intent and stylistic characteristics. The least-known composer in the compilation, whose life and work is brought to attention for the first time, is Jan Coetzee. His biographical details are documented, while the characteristics of his uncompromisingly modernist music are examined and placed into a wider perspective. A discussion of one of the more recent and arguably most significant additions to the repertoire of South African art music, Roelof Temmingh’s Kantorium, represents the last window on this creative tradition. A conclusion, in which the diverging perspectives are drawn together and future prospects are evaluated, ends with the hope that art music will find a meaningful place within the “poly-phonic” concert which is South African music and with the submission that it will have an important contribution to make to the intellectual and artistic future of the country.