Browsing by Author "Hendricks, Marjorie Angelene"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemAssessering vir leer in ekonomiese en bestuurswetenskappe in die intermediêre fase(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-12) Hendricks, Marjorie Angelene; Beets, Peter; America, Carina Georgina; University of Stellenbosch. Faculty of Education. Department of Curriculum Studies.AFRIKAANSE OPSOMMING: Transformatoriese verandering in onderwysstelsels wêreldwyd word gekenmerk deur 'n nuwe benadering ten opsigte van assessering. Hierdie soort assessering wat bekend staan as assessering-vir-leer behoort deurlopend, diagnosties en ontwikkelend van aard te wees. Dit is assessering wat nie net gemik is op 'n finale oordeel nie, maar wat ten doel het om leer en ontwikkeling met behulp van assessering by leerders te bevorder. Assessering-vir-leer maak dus 'n onlosmaaklike deel van die onderrig- en leerproses uit en gebeur nie slegs aan die einde van die leerproses nie. Hierdie navorsing is gebed in die volgende navorsingsvraag: Tot watter mate word assessering-vir-leer in die Ekonomiese en Bestuurswetenskappeleerarea in die Intermediêre Fase gebruik om leerdervordering te begelei en te ondersteun? Die mate waartoe die beginsels vir assessering-vir-leer in die onderrigpraktyk van onderwysers geïntegreer word om Intermediêre Faseleerders in die leerarea Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) in 'n landelike skool te ondersteun is dus ondersoek. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp binne die interpretatiewe navorsingsparadigma is gebruik om data te genereer ten einde die navorsingsvraag te beantwoord. Onderwysers en leerders is in die studie as respondente gebruik. Die navorsingsresultate het getoon dat onderwysers nog vasgevang is in praktyke van assessering-van-leer wat fokus op die insameling van punte eerder as op die gebruik van assesseringsinligting ten einde verdere leer by leerders te bevorder. Waar daar wel tekens van assessering-vir-leer in die praktyk van onderrig-en-leer by onderwysers plaasvind, is dit toevallig en nie intensioneel nie. Voortvloeiend uit die bevindinge word aangevoer dat, met die nodige ondersteuning, onderwysers beginsels vir assessering-vir-leer in hul klaskamerpraktyk kan integreer ten einde meer effektiewe onderrig en leer in die betrokke skool te bevorder.