Browsing by Author "Claassen, Dane"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Evaluasie van Pharos aanleerderwoordeboek vir skole/learner's dictionary for schools en Longman-HAT Afrikaans dictionary and grammar for English speakers in 'n Afrikaanse taalverwerwingskursus op universiteitsvlak(Bureau of the WAT, 2015) Claassen, DaneNavorsing toon dat 'n goed gekose woordeboek, naas die opvoeder, 'n belang-rike hulpmiddel is om die taalverwerwingsproses te verryk. Daar bestaan tans nie 'n eentalige of tweetalige aanleerderwoordeboek wat spesifiek gerig is op nultaalsprekers wat Afrikaans op tersiêre vlak aanleer nie. Taalverwerwingsdosente en taalfasiliteerders moet dus die gaping ten beste pro-beer vul deur aanleerderwoordeboeke soos Pharos se Aanleerderwoordeboek vir skole/Learner's Dictionary for Schools en Longman-HAT se Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers vir hierdie aan-leerders voor te skryf. In hierdie artikel word dié twee aanleerderwoordeboeke empiries en kwalitatief geëvalueer ten einde vas te stel of daar wel ruimte is vir die samestelling van 'n aanleerderwoorde-boek wat spesifiek gerig is op nultaalsprekers wat Afrikaans aanleer op 'n universiteitsvlak. Hierdie spesifieke twee woordeboeke word geëvalueer omdat dit onderskeidelik voorgeskryf word vir nul-taalsprekers by die Universiteit van Stellenbosch en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universi-teit. Die mate waarin 'n spesifieke woordeboek voldoen aan die bevrediging van 'n sekere teiken-groep se leksikografiese behoeftes word nie slegs deur die leksikograaf bepaal nie, maar ook deur die teikengebruiker. Die huidige woordeboekkultuur, soos geformuleer in die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKAV) wat tans in die Suid-Afrikaanse skoolsisteem gevolg word, word onder die vergrootglas geplaas. Op grond hiervan word voorstelle vir formele woordeboek-onderrig op universiteitsvlak gemaak, wat beide algemene en spesifieke woordeboekonderrig insluit.
- ItemMetaleksikografiese kriteria vir woordeboekpedagogie binne ’n omvattende woordeboekkultuur(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2023-03) Claassen, Dane; Gouws, R. H.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING : ’n Groot hoeveelheid navorsing is die afgelope paar dekades oor woordeboekvaardighede en woordeboekpedagogie gedoen. Ondanks al hierdie navorsing het niks prakties daaruit gespruit nie. Woordeboekpedagogie is veral op skoolvlak in Suid-Afrika ondersoek. Omdat die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKAV) van Suid-Afrikaanse skole nie in die nabye toekoms ernstig aandag gaan skenk aan die belang van woordeboekvaardighede en woordeboekpedagogie nie, is dit tyd om die aandag op tersiêre instellings te rig en daarop te fokus. Studente wat aan ’n tersiêre instelling studeer, is deel van Generasie Z en daarom is dit belangrik dat woordeboekpedagogie gerig is op gedrukte en aanlyn woordeboeke. Die hoofdoelwit van hierdie proefskrif is om metaleksikografiese kriteria vir ’n woordeboekpedagogieprogram daar te stel, wat moontlik in die toekoms gebruik kan word om ’n kurrikulum vir woordeboekpedagogie vir al elf amptelike tale van Suid-Afrika saam te stel. Die fokus van hierdie kriteria is nie slegs op woordeboekgebruikers nie, maar ook op woordeboeke en leksikograwe. Hierdie proefskrif pleit vir die vaste staanplek van woordeboekvaardighede en woordeboekpedagogie in ’n uitgebreide leksikografieteorie. Die studie het die Algemene Leksikografieteorie en die Funksieteorie as uitgangspunt, maar daar word deurentyd aandag geskenk aan veelvuldige metaleksikografiese bydraes. Die gebruikersgroep van hierdie studie is Generasie Z en die woordeboeke waarop daar gefokus word, is Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Woordeboek Dictionary en PharosOnline/PharosAanlyn asook die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (sesde uitgawe) en HAT Aanlyn. Hierdie woordeboeke is gekies omdat hulle algemene Afrikaanse woordeboeke is waarmee die breër gemeenskap vertroud is. Omdat Suid-Afrikaanse aanlyn woordeboeke nie op dieselfde vlak is as dié van baie ander lande nie, is daar gebruik gemaak van verskeie ander aanlyn woordeboeke om verskillende aspekte van ’n aanlyn woordeboek uit te wys. Die ideaal is om gebruikers te hê wat nie slegs woordeboekgeletterd is nie, maar ook inligtinggeletterd. Aanlyn woordeboeke gee toegang tot ’n soekuniversum waarvan baie eksterne naslaanbronne deel is. Die gebruiker moet dus weet watter inligting om te kies en hoe om dit te gebruik. Die probleem is dat Suid-Afrika ’n ontwikkelende land is en dat ’n groot gedeelte van die bevolking nie eers toegang tot ’n rekenaar het nie. Daarom moet die fokus van ’n woordeboekpedagogieprogram veral geplaas word op primêre woordeboekpedagogie. Hierdie tipe pedagogie verwys na pedagogie wat eksplisiet deur die opvoedkundige vir die gebruiker aangeleer word. Daar moet ook gefokus word op sekondêre woordeboekpedagogie. Hierdie tipe pedagogie verwys na die gebruikersgids as eksplisiete leiding deur die leksikograaf, maar ook na die toeganklikheid en gebruikersvriendelikheid waarmee data in die woordeboek vir die gebruiker aangebied word. Die terme primêre en sekondêre woordeboekpedagogie is innoverende terme wat nog nie in enige teorie vasgelê is nie. Op grond van hierdie terme word kriteria vir ’n woordeboekpedagogieprogram voorgestel.