Browsing by Author "Cillie, Karlien"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemStudente se persepsies oor die moontlike oordrag van akademiese geletterheidsvaardighede na ander leerkontekste(Stellenbosch University, 2013) Cillie, Karlien; Coetzee, MariscaDie eksplisiete onderrig van kennis- en vaardigheidsoordrag speel ’n integrale rol in beide die kritieke en spesifieke uitkomste van hoër onderwys juis omdat hierdie tipe aanleg die vermoë om te dink, te redeneer, te beplan en ooreenkomstige besluite op ’n strategiese wyse te neem, onderlê. Vir menige studente geskied die vaardigheid van oordrag nie outomaties nie aangesien die toepassing daarvan gesofistikeerde nadenke oor die abstrahering van die korrekte patroon/formule/beginsels vanuit een situasie vir toepassing op ’n gelyksoortige of totaal andersoortige situasie impliseer. Om onder andere hierdie rede dui navorsing oor die afgelope nege dekades (1920-2012) daarop dat onderriginstellings klaaglik daarin misluk om enige wesenlike oordrag by leerders en studente te bewerkstellig. Vervolgens word daar deur hierdie artikel gepoog om ’n bydrae te lewer tot die sentrale rol wat kennis- en vaardigheidsoordrag in institusionele beplanning rondom die kurrikulumaanbod van eerstejaarstudente speel. Die moontlikheid word ondersoek of ’n akademiesegeletterdheidsintervensie binne die eerstejaarskurrikulum ingespan kan word om die oordrag van kritiese denkvaardighede na ander leermodules te bewerkstellig, terwyl dit tergelyktydig aan die voorwaardes van suksesvolle oordrag, soos geïdentifiseer deur Perkins en Salomon (1992), voldoen: deeglike en diverse oefening, eksplisiete abstrahering, aktiewe selfmonitering, die gebruik van metafore en/of analogieë en die stimulering van opmerksaamheid. Nadat elke voorwaarde vir optimale oordrag aan die hand van kursusinhoud bespreek en kwalitatiewe data rakende die kursus geïllustreer word, word die afleiding gemaak dat sodanige intervensies nuttig en volhoubaar kan wees om studente te ondersteun deur hulle met die nodige leesstrategieë en –vaardighede vir ander leerkontekste toe te rus.