Browsing by Author "Bonthuys, Marni"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemLiterere pryse : 'n oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literere veld(LitNet, 2022) Bonthuys, Marni; Foster, RonelLiteratuurpryse het ’n lang geskiedenis en kan beskou word as ’n noodwendigheid binne die meeste literêre velde. Dit is verder ’n verskynsel wat heelwat media-aandag ontlok en verskeie voordele vir literêre rolspelers soos skrywers en uitgewerye (kan) inhou. Dit het veral ’n belangrike kanoniserende funksie – toenemend, in ’n era waarin kommersiële aandag ’n al groter rol in die literêre veld (asook ander kultuurvelde) speel. Tog is literêre bekronings, asook die breër terrein van literêre evaluering, nie histories ’n onderwerp wat dikwels deur letterkundiges akademies ondersoek word nie. Die vernaamste rede hiervoor is die hiërargiese element verbonde aan kultuurpryse wat dit volgens sommige akademici te subjektief sou maak om vanuit ’n wetenskaplike hoek te ondersoek, asook die skouspel en omstredenheid wat geneig is om met die prysverskynsel gepaard te gaan. In hierdie artikel word gepoog om die verskynsel van literêre pryse te belig deur aandag te skenk aan fasette soos die geskiedenis en proliferasie daarvan; die verwerwing en uitruiling van kapitaal – veral in die simboliese sin – wat deel uitmaak van die bekroningsproses; die kanoniseringsfunksie van literatuurpryse en die veranderende posisie van literêre hekwagters; die rol of bydrae van pryse binne die literêre veld; en ten slotte die kwessie van omstredenheid as kenmerkende eienskap van die kultuurprys. Telkens word die bespreking belig met voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld. Pierre Bourdieu se veldteorie word as teoretiese raamwerk benut en begrippe soos simboliese kapitaal, sosiale kapitaal, simboliese mag en die produksie van geloof word ingespan om verskillende fasette van die bekroningsproses te ondersoek. James F. English (2005) se seminale teks The economy of prestige, wat steeds ’n toonaangewende bron oor kultuurpryse is, asook onlangse studies oor literêre evaluering en kultuurpryse, word voorts betrek. Uiteindelik is dit die argument dat literatuurpryse deur die literatuursosiologiese navorser as belangrike kanoniserende en vormgewende verskynsel binne die hedendaagse literêre veld verstaan en verken moet word.
- Item'n Vergelykende ondersoek na die toekenning van debuutpryse vir Afrikaanse en Nederlandstalige poësie, 1990 - 2009(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-12) Bonthuys, Marni; Foster, P. H.; T'Sjoen, Y.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.ENGLISH ABSTRACT: In this thesis a comparative perspective is provided on the position of debut prizes for poetry in the Afrikaans and Dutch/Flemish literary fields between 1990 and 2009. Academic researchers tend to avoid the subject of literary prizes as well as the wider research terrain of literary evaluation. This is surprising, since literary evaluation is often a crucial activity within the study of literature and literary prizes are becoming more and more important in the literary field. Thus, the literary award as canonization mechanism is explored with particular focus on the debut prize for poetry that functions as an indicator of the canonization potential of new voices within a literary field. After a theoretical overview is provided of the selected debut prizes (and of a few other important prizes within the particular field), two chapters are presented about the selected Afrikaans and Dutch case studies. At the end of each of these chapters certain tendencies or patterns with regard to debut awards for poetry between 1990 and 2009 in Afrikaans and Dutch/Flemish are identified. In conclusion these tendencies in the different literary fields are compared. The methodological approach of this study is qualitative. Four debuts in Afrikaans and three debuts in Dutch are selected as case studies. These debuts were all awarded with more than one debut prize. The Afrikaans cases are: H.J. Pieterse for Alruin (1989), Ilse van Staden for Watervlerk (2003), Danie Marais for In die buitenste ruimte (2006) and Loftus Marais for Staan in die algemeen nader aan vensters (2008). Erik Menkveld for De karpersimulator (1997), Hagar Peeters for Koffers zeelucht (2003) and Ester Naomi Perquin for Servetten halfstok (2007) are the Dutch cases. The Afrikaans debut prizes identified are the Eugène Marais Prize, the Ingrid Jonker Prize, and the UJ Debut Prize; and in Dutch/Flemish the C. Buddingh’-prijs voor nieuwe Nederlandse poëzie; the Debuutprijs Het Liegend Konijn; the Vlaamse Debuutprijs/Herman de Coninck Debuutprijs; the J.C. Bloem-poëzieprijs; the Jo Peters Poëzieprijs; and the Lucy B. en C.W. van der Hoogt-prijs. In the two chapters about the selected cases, reception studies of reviews as well as jury reports (of the particular debuts) are provided. Here the research of Olf Praamstra (1984) and J.A.A. Mooij (1973, 1979) on the arguments and criteria used in reviews is applied. The research of Katinka Dijkstra (1989) and Susanne Janssen (1994) on canonization is also used. Short descriptions of the profiles and public claims made by these lauded poets are discussed with regard to the field theory of Pierre Bourdieu (1993, 1994); as well as the work of Jérôme Meizoz (2010) about posturing and the research of Kees van Rees and Gillis Dorleijn (2005, 2006) on the role of poetics. The work of these researchers builds on Bourdieu's field theory. In addition to this institutional approach, a textual analysis of selected poems from the prizewinning works is also provided. Some of the identified patterns and tendencies are mentioned in these analyses.