Browsing by Author "Barnard, Petrus Willem"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemEvaluering van die hegting van elastomere van hoe-energie materiale(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1994) Barnard, Petrus Willem; Engelbrecht, W. J.; Van der Merwe, S. W. J.; Stellenbosch University. Faculty of Science. Dept. of Chemistry and Polymer Science.AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n HTPB-gebaseerde nitramiensamestelling (Giet PBX) is saamgestel uit verskillende komponente naamlik die nitramien (RDX; HMX), 'n prepolimeer (HTPB), 'n kruisbinder, 'n plastiseerder, 'n antioksideermiddel en 'n katalis. Die chemiese samestellings wat hiervoor gebruik word is bewese en word ook in Dryfmiddelsamestellings gebruik. Die hegting tussen die polimeerbinder en die nitramien is egter nie optimaal nie en kan tot sensitiwiteitsprobleme aanleiding gee. 'n Komponent wat gebruik kan word om hierdie probleem te oorkom, is 'n bindmiddel. 'n Bindmiddel is 'n samestelling wat oor funksionele groepe beskik wat deur middel van chemiese of fisiese interaksie aan beide die binder en die nitramien bind. Vyf verskillende potensiële bindmiddels is evalueer en die absolute effektiwiteit is aan die hand van meganiese sterkte analise toete (Instron apparaat) evalueer. Alternatiewe evalueringstegnieke is ook ondersoek. Kontakhoekmetings met 'n Dinamiese Kontakhoekmetings Apparaat (Wilhelmy tegniek) is geneem en energie analise berekeninge gebaseer op verskillende teorieë (Kaelble, Penn en Zisman), is uitgevoer. FTIR-metings is ook uitgevoer ten einde meer oor die wyse van interaksie te wete kom. Teorieë, wat op grond van meganiese sterkte metings en wiskundige manupilasie, voorspellings oor die hegtingspotensiaal van 'n komponent maak, is ook evalueer. Die teorieë van Nielsen, Markin en Hori is evalueer. Die resultate van die standaard treksterkte toetse bewys Dantocol DHE as die beste bindmiddel vir 'n HTPB-nitramien samestelling te wees. HX-752 lewer ook relatief goeie resultate. Die siloksaan, TMSBM het die eienskappe van die PBX drasties verswak. Kaelble se Surface Energetics Analyses gekompineer met fraktuurmeganieka beginsels se voorspellings, gebaseer op desorpsiekontakhoekwaardes, korreleer kwalitatief baie goed met die meganiese sterkte resultate. Die tegniek se eenvoud en koste-effektiwiteit maak dit geskik vir soortgelyke ondersoeke. Die resultatevan die alternatiewe meganiese sterkte metings korroleer ook relatief goed met die standaard toets en Dantocol DHE presteer ook in hierdie gevalle deurgaans goed. Die toetse, behalwe Hori se toets word egter nie, weens praktiese redes en koste-effektiwiteit redes vir gebruik aanbeveel nie. FTIR-metings was weens plek oorvleuelings moeilik interpreteerbaar in sommige gevalle. Piek verskuiwings is wel vir die waterstofbinding waargeneem, wat dui dat daar wel waterstofbindings tussen die nitramien en bindmiddels is.