Browsing by Author "Barkema, Karin"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie verband tussen 'n kind se temperament, aanpassing en gesinsfunksionering(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1990-03) Barkema, Karin; Wait, J. W. v. S.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Omvattende studie van die literatuur het getoon dat daar tot op hede nog baie min navorsing oor die temperament van kinders in die middelkinderjare gedoen is. Min navorsingsbevindings oor 'n moontlike verband tussen temperament, gesinsfunksionering en'n kin se aanpassing tydens die middelkinderjare is beskikbaar. Verdere navorsing op hierdie gebied is aanbeveel sodat die psigodinamika van 'n kin met aanpassingsprobleme beter verstaan kan word en met inagneming van sy/haar temperament en gesinsfunksionering interpreteer kan word Om die bogenoemde leemtes aan te spreek, is 'n ondersoek volgens die geval-kontrole-ontwerp geloods wat die volgende doelstellings gehad het: (1) die bepaling van korrelasies tussen dimensies van temperament tydens die middelkinderjare en die kind se (a) aanpassing en (b) gesinsfunksionering en (2) die bepaling van verskille tussen 'n groep kinders wat gedragsprobleme lewer en/of emosionele probleme ondervind (Groep 1) en 'n groep kinders wat nie dergelike probleme lewer nie (Groep 2) ten opsigte van (a) dimensies van temperament, (b) aanpassing en (c) gesinsfunksionering. Die volgende meetmiddels is gebruik, naamlik die "Middle-Childhood Temperament Questionnaire" die "Child Behaviour Checklist", die "McMaster Family Assessment Device", die "Marital Satisfaction Questionnaire" en die "Child Rearing Attitude Scale". Resultate het daarop gedui dat daar binne groepsverband beduidende korrelasies vir sekerre dimensies van temoerament, gedragsprobleme, sosiale vaardigheid, gesinsveranderlikes en huwelikstevredenheid gevind is. Hoewel statisties beduidend, was sommige van die korrelasies redelik laag. Geen beduidende korrelasies kon binne groepe tussen dimensies van temperament en ouerskapstyle aangetoon word nie. Die kinders van Groep 1 het ten opsigte van sekere dimensies van temperament, gedragsprobleme en sosiale vaardigheid beduidend van Groep 2 verskil. Geen beduidende verskille kon ten opsigte van gesinsveranderlikes, huwelikstevredenheid en ouerskapstyle tussen die twee groepe gevind word nie. Die gevolgtrekking is gemaak dat die kind se temperament in interaksie met gesinsveranderlikes beslis in berekening gebring moet word om 'n kind se ontwikkeling en aanpassing te verstaan en psigodinamies te interpreteer.