Browsing by Author "Arangies, H. L. (Hendrickus Lourens)"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie aanwending van 'n rekenaarsentrum ter bevordering van rekenaargeletterdheid in die primere skool(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1995-03) Arangies, H. L. (Hendrickus Lourens); Blanckenberg, J. M.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Department of Educational Psychology.AFRIKANSE OPSOMMING: Die rekenaar is 'n instrument wat stelselmatig besig is om 'n groter invloed op die lewe van elke mens uit te oefen. Waar sommige nog 'n vrees daarvoor het, is dit so 'n kragtige hulpmiddel dat opvoeders dit nie meer uit die skole kan hou nie. Soos elke ander nuwe onderwerp in die onderwys word die rol en plek van die rekenaar 'n strydpunt wat deur baie beredeneer word. Daar is diegene wat glo dat die koste daaraan verbonde nie die aankoop van rekenaars vir skole regverdig nie. Ander sien weer die rekenaar as 'n ekstra vak wat tot die kurrikulum toegevoeg word en oorbeklemtoon die gebruik en aanwending van die rekenaar. Die werkstuk kyk na die rol van die rekenaar ten einde rekenaargeletterdheid ender leerlinge te bewerkstellig. Dit word deurgaans egter beklemtoon dat rekenaargeletterdheid onder leerlinge bloot 'n middel tot 'n doel is. Daar sal verwys word na die eintlike rol van die rekenaar in die skool, naamlik die van 'n hulpmiddel vir probleemoplossing en toepassingsoefeninge. Die grootste gedeelte van die mensdom is bloot eindgebruikers van die rekenaar en as opvoeders is dit ons plig om hulle daarvoor voor te berei. Tesame hiermee ontwikkel die rekenaartegnologie teen so 'n snelle pas, dat die onderwyser nooit kan terugsit en dink dat sy werk afgehandel is nie. Dit is daarom noodsaaklik dat daar in die onderwys mense sal wees wat op die voorpunt van die tegnologiese verandering sal wees sodat die leerlinge die voordeel uit hierdie tegnologie sal trek. Dit is jammer dat hierdie onderwerp direk gekoppel is aan die beskikbaarheid van geld. Dit is sonder twyfel so dat Suid-Afrikaanse skole in die nabye toekoms baie deeglik sal moet besin oor die aanwending van fondse ten einde onderwys van 'n hoe standaard daar te stel. In hierdie proses is die integrering van die rekenaar ongelukkig een van die belangrike fasette wat moontlik in die slag sal bly weens meer primere behoeftes van die leerlingkorps van Suid-Afrika.