Browsing by Author "Anthonissen, I. (Ilse)"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie bewegingsopvoedkundige, H. Isabelle Nel : 'n histories-filosofiese studie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997) Anthonissen, I. (Ilse); Steyn, J. C.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Department of Sport Science.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bydrae van H. Isabelle Nel tot die vakterrein Menslike Bewegingskunde (MBK) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) met spesifieke verwysing na haar akademiese bydrae en die bydrae wat sy as leier in die professie gelewer het (1950-1985), is ondersoek. Die studie is vanuit 'n histories-filosofiese perspektief benader om die wetenskapsonderbou, soos sy dit gesien het, te dokumenteer. Inligting is ingesamel deur van primere en sekondere geskrewe bronne (verslae, notules, artikels, korrespondensie) gebruik te maak, aangevul deur onderhoude en oop-gestruktureerde vraelyste. Die inligting is hermeneuties gemterpreteer. Nel se biografiese besonderhede is verskaf. Perspektiewe oor vakontwikkeling is vanuit haar denkontwikkeling gedoen. Beleidsaspekte wat sy aangespreek bet, is die aard en die omvang van die studieterrein, konsepvorming onderliggend aan die vakbenaming en die implikasies vir tersiere opleiding. Nel begrond die sinergie van praktyk en teorie in haar konsep van bewegingsopvoeding. In haar doktorale studie, vorm kinesiologie die uitgangspunt wat die verband tussen liggaamlike opvoedkunde en ergonomie aantoon. Met haar benadering tot die bewegingsarea, opvoedkundige dans, het sy hierdie teoretiese aspekte toegepas en pionierswerk gedoen in die totstandkoming van 'n unieke benadering, gebaseer op 'n teoreties-gefundeerde rasionaal. In 197 5 is rekreasie op haar inisiatief as 'n praktiese kursus ingestel. Behoeftes van die gemeenskap en die gebrek aan nie-kompeterende sportsoorte, is hierdeur aangespreek. Nel se denkontwikkeling is weerspieel in die kursus-ontwikkeling wat by die US tot stand gekom het. Die teoretiese onderbou vir skool liggaamlike opvoeding is verryk met haar navorsing oor neuromuskulereontwikkeling, wat die grondslag van die nasionale kemsillabus (1972) vir liggaamlike opvoeding vir meisies gevorm het. Sy is mede-outeur van enkele publikasies en skryf verskeie artikels. Met die fokus op beplanning, reflekteer sy die geheelbeeld van die studieterrein in haar teoretiese raamwerk vir kurrikulering. Nel was instrumenteel in die vestiging van erkenning vir die professie. Haar rol in die stigting (1952) van die Vroue-Afdeling van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Sport, Liggaamlike Opvoedkunde en Rekreasie (SA VSLOR) is gedokumenteer. Sy is vereer met meriete toekennings van die Vereniging (1986, 1988) en die Staatspresident (1981) vir uitmuntende dliens gelewer en haar vir rol in die erkenning van die vrou en meisie in die professie. As Vise-President (vanaf 1965) van die Jnternatonal Association of Sport and Physical Education for Girls and Women (IAPESGW), versterk sy binne- en buitelandse kontak. Haar toewyding is bekroon met die toekenning van die 8ste IAPESGW-kongres in Kaapstad (1977), en by die 1997-kongres in Finland word sy vereer met die toekenning van erelidmaatskap. Haar volgehoue lidmaatskap van ICHPER (International Council of Health, Physical Education and Recreation) en ICSSPE (International Council of Sport Science and Physical Education), ten spyte van politieke druk, verseker dat buitelandse kundigheid in Suid-Afrika beskikbaar gestel kon word. H. Isabelle Nel het as bewegingsopvoedkundige op akademiese en professionele gebied met begaafde visie "Die oop gesprek" binne die studieterrein van Menslike Bewegingskunde en die onderafdelings verseker.