Browsing by Author "Allen, Sheldon"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe feasibility of implementing brief motivational interviewing in the context of tuberculosis treatment in South Africa(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2006-03) Allen, Sheldon; Swartz, Leslie; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die uitvoerbaarheid van die implementering van 'n benadering genaamd Kort Motiverende Onderhoud (KMO) in die konteks van die behandeling van tuberkulose (TB) in Suid-Afrika. TB is 'n ernstige bedreiging vir wereldwye gesondheid en is nog nie onder beheer gebring nie, ten spyte van die feit dat dit geneesbaar is. Sedert die beskikbaarheid van effektiewe medisyne-middels, is die oorsaak vir die voortdurende verspreiding van die siekte gesien as 'n probleem van gebrekkige deurvoerbaarheid van die behandeling. Hierdie eng begrip van die epidemie is deur die psigologiese en sosiale wetenskappe, asook andere, verbreed. Daar is baie debatering oor en om die onderwerp van deurvoerbaarheid en die internasionale TB beheer beleid, bekend as Direkte Observerings-Behandeling, Kortkursus (DOBK). Sekere deskundiges argumenteer dat DOBK 'n onvoldoende respons is tot die uitdaging van die verbetering van deurvoerbaarheid en die kontrolering van TB. Dit skyn asof die meelewende aspekte van die TB behandeling nagelaat word in die TB beleide en protokol en sommige beweer dat hierdie faktor sowel as gebrekkige aandag aan ander sistemiese faktore verantwoordelik is vir swak programuitvoering. Suid-Afrika is 'n voorbeeld hiervan, waar die kommunikasie tussen verpleegsters en TB pasiente beskryf word as outoriter, verpleegstergesentreerd en taakgeorienteerd. 'n Pasientgesentreerde benadering (PGB) is 'n wyse waarop die pasientversorger kommunikasie en die bevredigingsvlak van die pasient bevorder word en sommige promoveer dit as a wyse om die behandelingsdeurvoerbaarheid en genesingsuitkomste te verbeter. Die uitdaging is egter dat die konsep van 'pasientgesentreerdheid' op verskeidenheid van wyses geinterpreteer en geimplimenteer kan word. KMO is 'n PGB tot kommunikasie wat bestem is om 'n gees van samewerking te bevorder en om mense se gemengde gevoelens oor gedragsverandering by te le. KMO as 'n aanpassing van Motiverende Onderhoudvoering, is 'n spyskaart van konkrete vaardighede of middels wat gesondheidsvoorsieners in onderhoude rakende geneeskundige gedragsverandering kan gebruik. KMO is gebaseer op teoriee oor gedragsverandering en word gebruik in 'n wye verskeidenheid van genesingsbehandeling, insluitende deurvoerbaarheidsbehandeling. Alhoewel dit selde in minder ontwikkelende lande toegepas is en nog nooit in TB, is KMO suksesvol toegepas in ander besige kontekste vir gesondheidsvoorsiening. Die ontwerp van die huidige studie oor die lewensvatbaarheid van KMO in die konteks van TB behandeling in Suid-Afrika het ontstaan uit die ontwerp van 'n groter studie wat ander intervensies vir 'n PGB ingesluit het. Die doelstellinge van die huidige studie was om die konteks te beskrywe en wat gebeur het gedurende die intervensietydperk en om die uitvoerbaarheid van KMO te verduidelik.