Research Articles (Music)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Music) by Author "Ludemann, Winfried"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemAfrikaans en Musiek. Kantaantekeninge van iemand wat aan die kant teken(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2017-06) Ludemann, WinfriedTeen die agtergrond van vrae oor die toekoms van Afrikaans stel hierdie artikel vokale musiek as 'n eie "bestaansdomein" van taal aan die orde. Die spesifiek musikale kenmerke van Afrikaans in vergelyking met ander tale word ondersoek asook die implikasies daarvan vir die komponis van Afrikaanse musiek. 'n Kritiese oorsig word verskaf oor toonsettings van Afrikaanse tekste van die afgelope eeu, veral wat kunsliedere met klavierbegeleiding en verwerkings van Psalms en Gesange betref. Die betekenis van die huidige opbloei van koormusiek in Suid-Afrika word geskets en 'n pleidooi word gelewer dat koormusiek erken word as 'n belangrike domein waarin Afrikaans as kultuurtaal bestaan. Persoonlike woord vooraf Hierdie artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n nie-Afrikaanssprekende buitestander wat van die kantlyn af na ontwikkelinge rondom Afrikaans kyk. As geleentheidskomponis het ek 'n aantal beskeie bydraes tot Afrikaanse koormusiek gelewer en ek het in hierdie verband baie besin oor die musikale potensiaal van die Afrikaanse taal in vergelyking met ander tale waarin ek ook gekomponeer het. Teen my aanvanklike vooroordeel in het Afrikaans my as musiektaal toenemend begin fassineer. Ek het agtergekom dat die potensiaal daarvan as taal vir koormusiek nog nie behoorlik ontdek en ontgin is nie. Dit is hoe die titel van hierdie artikel verstaan moet word.
- ItemMusiek en kulturele diversiteit in Suid-Afrika(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2009-12) Ludemann, WinfriedHierdie artikel gaan uit van die mening dat die politieke versoening, wat tot die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika gelei het, nie gepaardgegaan het met ’n ooreenkomstige en gelykwaardige versoening op die sosiale en veral kulturele terreine nie. Hierdie “onafgehandelde besigheid” gee toenemend aanleiding tot spanning op allerlei vlakke, soos die taalkwessie, plekname, interpretasie van die geskiedenis, skoolleerplanne, ens. Ook op die gebied van musiek – veral in die openbare media, die onderwys en die toedeling van fondse – is hierdie probleme merkbaar. Om die bydrae te ondersoek wat musiek kan maak tot versoening van die soort konfl ik wat potensieel met kulturele diversiteit gepaardgaan, word dit gekoppel aan die begrip menswaardigheid, gebaseer op die opvatting dat musikaliteit ’n universele kenmerk is wat met die evolusie van homo sapiens na vore gekom het. Met musiek (soos met taal) artikuleer die mens sy menswees en dus sy menswaardigheid. Met verwysing na moderne ekumeniese teologie word daar tot die gevolgtrekking gekom dat ’n versoening van musikale (en by implikasie ook kulturele) diversiteit slegs op die basis van menswaardigheid en vanuit ’n houding van selfkritiek bereik kan word. Dit gaan daarom dat die ander se estetiese sienings aanvaar word sonder om jou eie sienings prys te gee. Vanuit ’n posisie van selfkritiek word dit moontlik om elkeen se reg te erken om sy eie musikale identiteit te kies terwyl die verskillende musiekstyle terselfdertyd aan kritiek onderwerp kan word. ’n Musikale (en intellektuele) middelgrond word bepleit waar die verskillende musiekstyle met mekaar in interaksie kan tree sonder om noodwendig hulle eie estetiese paradigmas te moet prysgee. Demokrasie verskaf die mees geskikte raamwerk waarbinne dit kan plaasvind. Gebrek aan kulturele versoening in Suid-Afrika, en die konfl ikpotensiaal wat dit inhou, kan die delikate ooreenkomste wat veertien jaar gelede op politieke terrein bereik is, ongedaan maak. Sodanige musikale versoening sou as ’n belangrike model kon dien vir ’n veel breër kulturele versoening.