Research Articles (Music)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Music) by Author "Grove Izak"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemTussen Bethlehem en Bloubergstrand : vanaf die oue na die eie in Stefans Grove se oeuvre(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2013-06) Grove IzakAFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele idee van styl in die kunstenaar se produksie volstaan meestal by weinig meer as oppervlak-beskrywings van fasette van die kunswerk. In die musikale konteks kan sulke fasetteneerkom op min of meer vae beskrywings van karakteristieke eienskappe wat betrekking het op ritmiese en melodiese aspekte, vormbenadering en koloristiek, dit wil sê eienskappe wat gesamentlik as tipies vir die komponis se werk in die algemeen beskou kan word, of werke uit ’n bepaalde periode. Hiervolgens kan die komponis se benadering voortdurend verander, sodat die bekende driedeling van vroeë, middel- en laatstyl tot stand kom. Indien hierdie verdeling op Grové se musiek toegepas sou word, sou sy vroegste styloriëntering (vroeë veertigerjare) die modieuse Impressionisme van Debussy kon suggereer, met ’n wending na Hindemith en Bartók ietwat later. Die ekspressionistiese fase dek belangrike werke soos die Vioolkonsert (1959) en die Simfonie (1962). Die komponis self sien as sy derde, volwasse stylfase die klaviertokkate van 1966, ’n stylfase wat sedert sy terugkeer na Suid-Afrika in 1972 verder verryk is, en opgevolg is deur ’n vierde (!) fase sedert ongeveer 1983, wat sy “Afrika”-wortels tot uitdrukking moes bring. Vir die komponis is hierdie laasgenoemde ’n “Damaskus-moment”, en veronderstel sy eindelike musikale tuiskoms. Hy beskryf die styl van hierdie musiek gepas as “Afrosentriese impulse binne ’n Eurosentriese vormgewing”. Die artikel is ’n poging om hierdie eienskappe en dié van sy ouer musiek onder ’n enkele stilistiese noemer te bring. Vir dié doel word sy stylontwikkeling gehanteer in ooreenstemming met Leonard Meyer se styldefinisie en sy idee van ’n “sketsanalise”, dit wil sê ’n ondersoek na alle stilistiese sisteme, en geargumenteer ten gunste van hulle onderlinge verwantskappe en samehorigheid. Dit wil byvoorbeeld voorkom asof verwante stilistiese eienskappe herverskyn in verskillende werke uit verskillende tydstippe in sy loopbaan. Dit is selfs moontlik om reeds in een van die vroegste werke uit 1948 elemente te vind wat vooruitwys na die onlangse “Afrika”-reeks werke.