Research Articles (Music)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Music) by Author "Froneman, Willemien"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemSeks, ras en boeremusiek : agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees(LitNet, 2014-08) Froneman, WillemienIn 20ste-eeuse besinnings oor die “kultuuraard” van die Afrikaner word daar meermale melding gemaak van wit Afrikaners se sogenaamde gebrek aan sanglus. In 1938 – die jaar van die Voortrekkereeufees – het hierdie gesprek veral na vore gekom in klagtes oor feesgangers se onentoesiastiese deelname aan “volksang”. In hierdie artikel ondersoek ek die geldigheid en ideologiese onderbou van sulke aansprake deur te fokus op die verrassende teenwoordigheid van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe. Nóg die geskiedenisse van die fees, nóg die amptelike beriggewing in die Afrikaanse pers van die tyd erken die impak van boeremusiek by Eeufeesplegtighede. Die somtyds oneerbiedige storie van boeremusiek lees ’n mens nie in hoofartikels en voorbladstories raak nie, maar tussen die reëls en in die kantlyne van Afrikaanse tydskrifte en koerante. Dit is veral uit die kleinadvertensies en briewekolomme van publikasies soos Die Transvaler, Die Burger en Die Brandwag dat wit Afrikaanssprekendes se populêre musiekbelewing in 1938 gerekonstrueer kan word. Die teenwoordigheid van boeremusiek weerlê die indruk wat deurgaans deur kultuurleiers geskep is oor wit Afrikaners se sogenaamde inherente onmusikaliteit. En meer: die debatte oor boeremusiek in 1938 wys op andersyds versluierde maniere na die rassevrese wat bewerings oor die Afrikaner se gebrek aan sanglus onderlê het. Hierdie aansprake moet verstaan word binne die konteks van oorgelewerde seksueel-musikale rassestereotipes van die koloniale wêreld en 20ste-eeuse uitbreidings op die debat rondom musiek, dans en seks. Die gewildheid van boeremusiek by feesgangers het teen Afrikanerleiers se ideale rondom rassesuiwerheid en morele agteruitgang ingedruis. Aansprake oor die “volk” se “gebrek aan sanglus” het dus nie daarop gedui dat Afrikaners van die tyd nie kon of wou sing nie. Dit was eerder ’n meganisme waardeur die grense tussen wit en niewit bevestig kon word.