Masters Degrees (Education Policy Studies)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Education Policy Studies) by Author "Arnolds, David"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie klassifikasie van onderprestering en die implikasies daarvan op skoolkultuur(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2013-03) Arnolds, David; Bak, Nelleke; Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Education Policy Studies.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die interpretering van beleid en die toepassing daarvan in die werkplek was nog altyd ’n aanvegbare aspek, omdat beleid nie ’n geslote entiteit is nie en dus oop is vir verskillende interpretasies deur die toepassers van beleid. Die aanvegbaarheid van beleid kan duidelik waargeneem word met die toepassing van die Nasionale Assesserings Beleid van 1998 op die Suid-Afrikaanse skoolgemeenskap. In hierdie trant is die hoofdoel van my studie om ondersoek in te stel na die implikasie wat die toepassing van beleid rakende die klassifikasie van primêre skole as onderpresterende skole op die skole se skoolkultuur,het en hoe sommige onderwysers teenoor so ‘n klassifikasie reageer. Met hierdie studie wil ek ’n interpreterende ondersoek loods na die vraag: “Hoe beleef onderwysers hul skoolkultuur nadat hul skole deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement as onderpresterende skole klassifiseer is. Ek beskou dit as ’n belangrike vraag vir ondersoek omdat die literatuur rakende skoolkultuur en skool prestasie daarop dui dat hierdie twee aspekte as kritieke elemente beskou word in die skoolopset. Om hierdie rede ondersoek ek hierdie verskynsel in my onmiddelike skool omgewing om begrip te toon vir die wedersydse invloed wat hierdie elemente op mekaar het. Hierdie vraag word beredeneer teen die agtergrond van Suid-Afrika se deelname aan toetse van die ligame van internasionale akademiese prestasies en die onbevredigende uitlae wat tydens die deelname aan hierdie toetse verwerf is. Vanuit nege en dertig deelnemende lande het Suid -Afrika laaste geëindig. Ek loods my studie vanuit ’n kwalitatiewe interpreterende ondersoek aan drie laerskole en nege geselekteerde opvoeders oor die prestasie wat die Intermediëre Fase (graad ses) verwerf het in die aanname en inwerkingstelling van die Sistemiese Evalueringstoetse vanaf 2007 tot 2010 in Geletterdheid en Wiskunde as ’n uitvloeisel van die Nasionale Assesserings Beleid van 1998. Ek doen ’n beleidsanalise voortspruitend uit ’n historiese oorsig en konteks van skool en prestasie verskille wat in die onderwysopset aangetref word. My fokus is egter op die onderwysers se respons as gevolg van die klassifikasie van hul skool as ’n onderpresterende skool. Hierdie ondersoek word ingestel deur gebruik te maak van semi gestruktureerde onderhoudvoering met respondente van drie steekproefskole en ’n vergelyking van sistemiese toets uitslae en interne evaluerings uitslae. Vanuit die verkennende analises en die literatuur is gevind dat skoolkultuur ’n deurslaggewende bepaler in terme van leerderprestasie is. Waar skoolkultuur in presterende skole positief bydra tot die prestasie en werklewering van die skool, is dit ’n negatiewe determinant by die onderpresterende skole. Dit volgens Fleisch dui daarop dat die Suid- Afrikaanse onderwysopset nog steeds in twee afdelings fungeer naamlik die presterende voorheen bevoordeelde skole en aan die anderkant die onderpresterende voorheen benadeelde skole. Die onderwysers het ook gevoel dat hierdie aspek buite rekening is gelaat met die implementering van die sistemiese toetse en die gevolglike klassifikasie van die skole. Tydens die uitvoering van die studie het ek gevind dat die respondente van die deelnemende skole saamgestem dat ’n positiewe skoolkultuur leerderprestasie positief kan beïnvloed. Hulle het erken dat hulle in gebreke gebly het om ‘n positiewe skoolkultuur te ontwikkel en te handhaaf. Ek eksploreer die respondente se uitleef van hul skoolkultuur, magsverhoudinge en konseptualisering van hul identiteit aan die hand van hul gegewe klassifikasie. In die ondersoek het ek bevind dat daar ’n negatiewe skoolkultuur heers by skole wat as onderpresterende skole geklassifiseer is. Hierdie negatiewe skoolkultuur het ook veroorsaak dat onderwysers ’n probleem ondervind het met die magsverhouding wat daar bestaan het tussen hulle en die Onderwys Department. Hulle het dit gesien as ’n “top down” verhouding waarin hulle geen inspraak het nie. ’n Verdere uitspruitsel uit die negatiewe klassifikasie van die skool het daartoe gelei dat die onderwysers ’n negatiewe siening van hul identiteit as onderwysers ontwikkel het. Vanuit die literatuur wat handel oor die herstel van onderpresterende skole, stel ek die moontlikheid van die toepassing van transformasionele leierskap wat geimplementeer kan word in die bestuur van die deelnemenende skole as een van die strategieë om vanuit hul klassifikasie van onderprestering te kom. Hierdie navorsing het ten doel om die onderwysers se belewenis van hul skoolkultuur te weergee nadat hul skole geklassfiseer is as onderpresterend as gevolg van beleidstoepassing deur die Wes – Kaapse Onderwys Departement.