Research Articles (Journalism)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Journalism) by Author "Botma, Gabriel Johannes"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
- Item"Koos sê..." : 'n kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van ʼn invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaat(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2016-03) Botma, Gabriel JohannesHierdie artikel onderneem 'n kritiese diskoersanalise van die openbare uitsprake van die Afrikaanse mediamagnaat Koos Bekker van Naspers-faam, sodat die diskursiewe magsverhoudings waarbinne hy hom bevind duideliker omskryf kan word. Behalwe dat Bekker baie media-blootstelling gekry het, het hy die afgelope dekade of meer ook verskeie meningsartikels tot die koerante van Naspers bygedra, en die argument is dat hy as 'n invloedryke meningsvormer (die draer van "meta-kapitaal" in n Bourdieuaanse sin) in die samelewing funksioneer. In dié verband verwys die artikel na die diskoersteorie van Foucault en Bourdieu se vergelykbare teorieë oor die verband tussen taalgebruik en magsuitoefening. Daaruit vloei die metodiek van kritiese diskoersanalise, wat na aanleiding van die werk van Fairclough en Van Dijk hier op drie vlakke - teks, konteks van produksie, en samelewingskonteks - geskied. Die bevinding van die artikel is onder meer dat Bekker se komplekse posisionering ten opsigte van Afrikaans en Afrikaners gekenmerk word deur 'n identifisering met wit en bruin Afrikaanse jeugdiges, maar dat hy minder begrip vertoon vir die ouer geslag wit Afrikaners. Bekker beklemtoon ook gereeld die positiewe aspekte van kulturele inklusiwiteit en diversiteit, en is oor die algemeen optimisties, maar by tye ook skerp krities oor die "nuwe" Suid-Afrika. Sy skryfstyl, keuse van onderwerpe en publikasieplatforms getuig van strategiese berekendheid.
- ItemPublic media and the public theology : at loggerheads or partners in complexity?(Pieter de Waal Neetlhling Trust, 2012) Botma, Gabriel JohannesMedia criticism, both from inside the journalism and media studies fraternity and outside, such as theology, often depart from reductionist normative functionalist and critical political economy perspectives. Examples from the former perspective include complaints from theologians that the media set the agenda, also relating to matters of religion, and that the content the media provide does not contribute to a healthy, moral and peaceful society. Media researchers who adopt critical perspectives often argue in turn that the media are tied to elite capitalist interests and values and contribute to the marginalisation and suppression of the disenfranchised in the deeply unequal post-apartheid South African society.
- ItemDie spies van die nasie : die demokratiese rol van die populere media en avant-garde kuns in Suid-Afrika(LitNet, 2013-03) Botma, Gabriel JohannesDie openbare oproer en debat in Suid-Afrika oor Brett Murray se The Spear-kunswerk in 2012 het verskeie vraagstukke na vore gebring. Hiervan is een aspek, die verwikkelde rol van kuns en die media in die daarstelling van ’n openbare sfeer in ’n demokratiese samelewing, moontlik nog onderbeklemtoon. Eerstens bespreek en evalueer hierdie artikel teoretiese insigte van Levine (2007) en Bourdieu (1993) oor die verhouding tussen sogenaamde avantgarde kuns en die populêre media. Vervolgens kom die eietydse rol van die populêre media en avant-garde kuns in ’n postkoloniale konteks na aanleiding van die The Spear-geval aan bod. Die artikel werp lig op die belangrike plek en rol van gemedieerde kuns en kultuur in ’n ontwikkelende demokrasie – of soos uitgedruk deur die boektitel van Levine (2007), effe aangepas (my toevoeging is tussen hakies): Provoking democracy: Why we need the arts (and the media). Ten slotte word die argument gestel dat ’n inklusiewe en dinamiese openbare sfeer deur die vrye wisselwerking van avant-garde kuns en die populêre media versterk word. In teenstelling met die algemeen-aanvaarde openbare-sfeer-teorie, waarvolgens slegs rasionele debat wat tot konsensus lei die demokrasie versterk, volg die insig dus dat konflik en onvoorspelbare uitkomste net so belangrik is.