Doctoral Degrees (Afrikaans and Dutch)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Afrikaans and Dutch) by Author "Crous, Matthys Lourens"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie diskoers van Antjie Krog se Lady Anne (1989)(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2002-03) Crous, Matthys Lourens; Viljoen, Louise; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ondersoek in hierdie studie sentreer random die diskoers in Antjie Krog se sewende digbundel, Lady Anne (1989). Die ondersoekprableem is die vraag na die wyse waarop die diskoers van hierdie teks georden en' geproduseer word. Foucault se teorie oor diskoersanalise word as kritiese werktuig gebruik by die beantwoording van hierdie vraag. Foucault (1981) omskryf diskoers onder meer as die sosiale gebruik van taal gesitueer binne bepaalde kontekste en verbonde aan spesifieke instansies. Volgens Foucault vertoon diskoers 'n innerlike orde of formasie wat argeologies opgediep kan word; dit het 'n regulerende funksie wat nie net betekenis afbaken nie, maar betekenis praduseer in die positiewe sin van die woord (Foucault, 1981). Wanneer hierdie regulerende funksie genealogies ontleed word, blyk dit dat diskoers mag uitoefen deur die meganismes van kennis, waarheid en self (Foucault, 1980), Diskoers artikuleer kennis wat die self die waarheid oor die self toe-eien. Dit roep op sy beurt weer die prableem van vryheid en politieke verset op. Die ondersoek fokus op die volgende vraagstukke random die diskoers in Lady Anne: die diskursiewe patrone in die teks; die beperkinge wat op die diskoers geplaas word (Foucault, 1981); die outeursfunksie soos beskryf deur Foucault (1979); die fiksionalisering van die lady Anne Barnard-geskiedenis aan die hand van die genealogiese benadering (Foucault, 1970; 1972). Daar sal ook ingegaan word op die verestetisering van die politieke diskoers in Suid-Afrika, asook op die kwessie in watter mate daar sprake is van stemgewing aan die Ander. Die sentrale vraagstuk wat ondersoek word, is: wat is die posisie van die wit skeppende vrau in Suid-Afrika en hoe word hierdie posisie ingeskryf in die diskoers van die Afrikaanse letterkunde? In samehang hiermee word gelet op kwessies soos subjektiwiteit, beskrywing van die objek, asook die subjek se posisie met betrekking tot die tradisie waarin sy die teks inskryf.