Doctoral Degrees (Afrikaans and Dutch)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Afrikaans and Dutch) by Author "Balie, Isaac Henry Theodore"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Itemn Kultuurhistoriese beeld van Kaapse Morawiese sendingstasies, 1808-1919(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1992-03) Balie, Isaac Henry Theodore; Grobbelaar, P. W.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die eerste sendingwerk in Suid-Afrika is in 1737 deur die Morawiese Sendinggenootskap onderneem toe Genadendal aangelê is. In 1744 is die werk weens dogmatiese verskille met die Kaapse Kerk (N.G. Kerk) onderbreek en is eers, na bykans 'n halwe eeu, voortgesit. In 1792 het die Morawiërs vir 'n tweede keer die sendingveld aan die Kaap betree. Hierna sou die werk ononderbroke voortgesit en uitgebrei word. In die M. A. -tesis (Universiteit van Stellenbosch, 1985) van I.H.T. Balie, Die 2 1/2 eeu van Genadendal, word 'n volledige kultuurbeeld van die lewe op die sendingstasie gegee. In hierdie studie val die soeklig hoofsaklik op die uitbreiding van die sendingwerk van die Morawiese Kerk na die ander sendingstasie in Kaapland. Die eerse stasie na Genadendal was Mamre wat in 1808 aangelê is. Hierna het Enon (1818), Elim (1824), Clarkson (1839), Goeverwacht (1845) en Wittewater (1859) gevolg. Hierbenewens het elkeen van die genoemde hoofstasies ook een of mer buitestasie(s) gehad. Van die belangrikste buitestasies was Houtkloof, Pella en Wiitekleinbosch. Omdat die lewe op die hoofstasies voliediger as die op die buitestasies in die navorsingsbronne beskryf word, val die klem in die hoofsaaklik op die hoofstasies. Gedurende die aanvangsjare van Mamre, Elim Enon en Clarkson het baie Genadendallers soontoe verhuis en die kern van die gemeenskappe uitgemaak. Gebruike en gewoontes wat op die genoemde sendingstasies gevolg is, is dus op die Genadendal- voorbeeld geskoei. Boonop was die hoofbestuur van die kerk ook in Genadendal gesetel en daarom is gedoen soos daar in Genadendal besluit is om te doen. ook die Opleidingskool vir kerkwerkers en die drukpers vir kerklike literatuur was in Genadendal gehuisves. Beide instansies het 'n leidende rol in die bevordering van die samehorigheidsgevoel en harmonie tussen die verskillende stasies gespeel. Uiteraard word daar in hierdie studie ook na daardie aspekte van die pers en opleidingskool verwys wat ook direk verband met die ander sendingstasie gehou het. 'n Fakor soos eiendomsreg het 'n belangrike rol gespeel in die bestendige lewenstyl van die inwoners van die stasie. Mamre en Enon is as "grant"-stasies (die sendelinge het die grond in trust vir die inwoners gehou) beskou. Hier het nog die Kerk nog die inwoners oor eiendomsreg beskik. Struwelinge en onflik tussen die Sendingbestuur en die inwoners, onsekerheid oor eiendomsreg en 'n oneffektiewe bestuurstelsel op die stasies het groot verval, op elke terrein veral teen die einde van die 19de eeu, aan die hand gewerk. Hierteenoor is die lewe op Elim, Clarkson en Goedverwacht gekenmerk deur harmonie. Die sendingwerk op Elim was op die oogaf die suksesvolste omdat die Sendinggenootskap eiendomsreg op die hele stasie gehad het en met patriagale, maar ook dikwels met outokratiese mag, die septer geswaai het. Wat duidelik na vore kom, is dat waar individue hulle geestelike waardes bo beuselagtighede gestel het, hulle verdraagsaamheid getoon het en gevolglik het dit ook op ander gebiede goed met hulle gegaan. Tydens die verstedelikng van baie sendingstasiebewoners, teen die einde van die 19de eeu, is veral die sendingstasies Mamre en Enon met vreemde kultuurelemente bedreig. MEnse het vir lang tye in die stede vertoef en wanneer hulle teruggekeer het, is "vreemde" denkrigtings en lewenspatrone in die sendinggemeenskappe oorgedra. As teenvoeter moes sterk gemeentes respektiewelik in Kaapstad en Port Elizabeth opgebou word om pastorale sorg aan Morawiërs wat hier gewerk het te bied en sodoende die "sendingkultuur" te help bewaar en uit te bou. Alhoewel die Morawiese Sendinggenootskap ook heelwat sendingstasie in die Ciskei en Transkei gehad het, word in hierdie studie net daarna verwys omdat hierdie gemeentes buite Kaapland val.