Department of Music
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Music by Author "Bouwer, Jacobus Daniel"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Historiese en krities-analitiese studie van die liedersiklus Die schone Mullerin van Wilhelm Muller en Franz Schubert(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1972) Bouwer, Jacobus Daniel; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.AFRIKAANSE OPSOMMING: "Die schone Mullerin" verg 'n openhartige oorgawe van die sanger aan die lied en geen koel akademiese sangwyse nie. Dit is die sanger se taak om te probeer deurdring tot die grondstemming van elke lied. Juis daarom is dit noodsaaklik dat hy eers 'n grondige studie van die poësie maak voordat hy die toonsetting daarvan aandurf. Schubert se skeppende vermoë word deur die woord van die digter gesprikkel; tog slaag hy daarin om altyd 'n volkome natuurlikheid aan sy melodiese frase te verleen. Die ritme van die lied is natuurlik sterk afhanklik van die ritme van die gedig, aangesien die musiek en poësie 'n gemeenskaplike ritme het. Daarom is dit noodsaaklik dat 'n deeglike studie van die prosodie van die liedere gemaak word alvorens bepaal kan word of die toondigter getrou was aan die wette van die natuurlike woordaksent.