Department of Music
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Music by Author "Bester, David Hermanus Schalk"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemJacobus Gustavus de Wet’s contribution to violin pedagogy in South Africa(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-03) Bester, David Hermanus Schalk; Van der Watt, Louis; Roos, Hilde; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of MusicAFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse vioolpedagoog, Jack de Wet (gebore in 1927), is heel moontlik die invloedrykste en mees welbekende figuur in strykersonderrig in Suid-Afrika. Gedurende sy onderrigloopbaan, wat oor langer as 55 jaar strek, het De Wet wonderkinders soos Jan Repko, Pieter Schoeman, en Avigail Bushakevitz opgelewer. Sy huidige- en oudstudente beskryf hom as “’n genie” en definieer sy manier van lesgee as hoogs oorspronklik en heeltemal anders as dié van enige ander vioolonderwyser. Hierdie studie poog om tot ‘n beter begrip van De Wet se lewe en werk binne die konteks van vioolpedagogiek in die twintigste eeu te kom deur die volgende navorsingsvraag te beantwoord: “As ‘n prominente en invloedryke figuur in die Suid-Afrikaanse strykersgemeenskap, wat is De Wet se pedagogiese metodes, en hoe pas hierdie metodes in die agtergrond van twintigste eeuse vioolpedagogiek?” Hierdie vraag is in drie stappe beantwoord. Eerstens is ‘n biografie van De Wet, waarin die musikale invloede wat hom as violis gevorm het asook die verloop van sy loopbaan ondersoek word, opgestel. Dit wys De Wet as iemand wat die aanvaarde manier van dinge doen bevraagteken het en aanhoudend na beter maniere van lesgee gesoek het. Sy impak op die klassieke musiekgemeenskap in Bloemfontein, Port Elizabeth, Stellenbosch en Kaapstad sluit in\ nie net die studente vir wie hy les gegee het nie, maar ook die totstandkoming van infrastruktuur wat jong musici ondersteun. Tweedens is die metodes van Carl Flesch, Shin’ichi Suzuki, Ivan Galamian en Paul Rolland bespreek om tot ‘n beter begrip van die konteks waarbinne De Wet sy benadering ontwikkel het te kom. Derdens is De Wet se eie metodes gedokumenteer en bespreek. Wanneer De Wet se metodes teen die agtergrond van bogenoemde pedagoë se werk beskou word, kan hul invloed in sy metodes duidelik gesien word. Flesch se wetenskaplike en sistematiese benadering, Galamian se dissipline, en Suzuki se filosofie is herkenbaar in De Wet se metodes. Rolland se idees, met die fokus op gebalanseerde bewegings, rotasie, kinestetiese bewustheid, en outomatisering gereël deur die onderbewussyn, het egter tot ‘n groot mate De Wet se metodes gevorm.