Department of History
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of History by Author "Aucamp, Jan Christoffel"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie geskiedenis van die Kaapse sagtevrugtebedryf, 1896-1910(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1986) Aucamp, Jan Christoffel; Van Zyl, D. J.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of History.AFRIKAANSE OPSOMMING: Oor die geskiedenis van die sagtevrugtebedryf in die Kaapkolonie is daar nog net een histories-wetenskaplike verhandeling geskrywe, naamlik die M.A. -tesis van myself, getitel: Die Geskiedenis van die Sagtevrugtebedryf in die Kaapkolonie, 1886-1896. Daar is in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing ~ groot leemte aan werke oor die ekonomiese geskiedenis. Omdat ek in die landbou-geskiedenis van Suid-Afrika belangstel en omdat daar nog geen argivale navorsing oor die geskiedenis van die sagtevrugtebedryf na 1896 gedoen is nie, het ek besluit om met die onderwerp vir 'n doktorale studie voort te gaan.
- ItemDie geskiedenis van die sagtevrugtebedryf in die Kaapkolonie, 1886-1896(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1982) Aucamp, Jan Christoffel; Van Zyl, D. J.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of History.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kaapkolonie se ekonorniese lewe in die sewentiende, agtiende en neëntiende eeu is oorheers deur die vernaamste boerderyvertakkinge, nl. wynbou, graanbou en veeteelt. Eers gedurende die laaste twee dekades van die neëntiende eeu het die vrugte bedryf op die voorgrond getree, juis as gevolg van die agteruitgang van wynbou en graanbou en die groter vraag wat daarna vrugte ontstaan het na aanleiding van die ontdekking van diamante en goud en die gepaardgaande bevolkingsgroei in dorpe en stede soos Kimberley, Johannesburg en Pretoria. In 1886 is ook die eerste proefnemings onderneem met die uitvoer van Kaapse vrugte na Engeland, wat op sy beurt saamgehang het met 'n algemene toename in die uitvoer van vrugte van die vrugteproduserende lande na Europa. Vóór dié datum het die vrugteboerdery aan die Kaap onbeplan en ongekoördineerd plaasgevind en was dit niks meer nie as 'n toevallige boerderyaktiwiteit wat eerder as 'n soort "stokperdjie" be-oefen is.