Research Articles (Curriculum Studies)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Curriculum Studies) by Author "America, Carina"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
- ItemDekolonisering van die kurrikulum : 'n kontekstualisering van ekonomie- en besigheidstudie-onderrig(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2019) America, Carina; Le Grange, LesleyDie debat oor die dekolonisering van opvoeding het (her)opgeduik in Suid-Afrika. Daar word erken dat dekolonisering ʼn komplekse en veelvlakkige proses is met betrekking tot die betekenis, wie behoort in Afrika-universiteite te onderrig, wat behoort onderrig te word vir watter student (SU 2017). Komplekse begrippe soos Afrikanisasie, Eurosentrisme, verwestersing, kolonialisme, kolonialiteit, dekolonisering en dekolonialiteit het verskyn en is belig (sien SU 2017; Le Grange 2016; Le Grange 2018; Mbembe 2015). Daar is egter ʼn swye in huidige diskoerse wanneer dit kom by onderwysersopleiding (Sayed, Motala, & Hoffman 2017), spesifiek betreffende die onderrig van Ekonomie en Besigheidstudie (EBSO). Dit is omdat die dekoloniseringsdebat merendeels op hoër onderrig in die algemeen gefokus is (sien Le Grange 2016; Le Grange 2018; Mtembe 2015). Die vraag is hoe die EBSO-kurrikulum as deel van ʼn aanvanklike onderwysersopleidingsprogram gedekoloniseer en die kontekstuele en inhoudskennis belyn kan word. Inhoudskennis in EBSO is gemodelleer op ʼn oorwegend neoklassieke wêreldsiening wat meestal ontdaan is van plaaslike Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese werklikhede (America 2014; Maistry & David 2018) en waar ongelykheid en armoede in die samelewing steeds aansienlik hoog is (Bernstein 2014; Wêreldbank 2018). Die pre- en postkoloniale tydperke het voetspore gelaat in die hedendaagse ongelykheid en ʼn disposisie wat diep gewortel is in instellings en organisasies. Die hedendaagse sakewêreld en ekonomie waarin instellings en organisasies gevestig is, vorm deel van die inhoud van EBSO, maar is nie noodwendig 'n aanduiding van die kontekstuele kennis nie. Die rol van instellings word later bespreek. Ons argumenteer dat insig in die volgende drie aspekte riglyne kan verskaf vir die belyning van kontekstuele met inhoudskennis in onderwysersopleiding: die meriete van geskiedenis, die stel van kritiese vrae en die modellering van gekontekstualiseerde onderrig. Die toepassing van kennis wat relevant is vir spesifiek (Suid-)Afrikaanse kontekste kan studente in staat stel om beter sin te maak van hul vakgebied. Voorafgaande impliseer ʼn tweeledige aanpassing in die EBSO-kurrikulum: eerstens die insluiting van Afrika-perspektiewe en tweedens die integrasie van ekonomie en besigheidsgeskiedenis in die kurrikulum.
- ItemIntegrating sustainability into business education teacher training(Education Association of South Africa, 2014-08) America, CarinaBusinesses are increasingly coming under scrutiny from stakeholders who expect them to report how they protect the environment, how they guarantee no human and labour violations in their value chain, and how they function on ethical business principles. Businesses are trying to adjust to these changing environments for the betterment of society and the planet while still concentrating on profit. The same awareness and inquiry would be expected from business education student teachers who teach business principles and business operations. This study, which was conducted at three universities, describes the perspectives and sustainability virtues of pre-service business education teachers who attended a workshop aimed at integrating sustainability in their teacher training curriculum. A qualitative framework was adopted using three methods: focus-group discussions, reflection based on a video recording and a critical analysis of the curriculum. Findings suggest that incremental shifts in critical self-awareness of business education pre-service teachers occurred. A business education and education for sustainability synthesis is recommended and provided as a conceptual framework in this study. This synthesis can be a useful place to start to elicit critical self-awareness when pre-service teachers have to deal with the complex mix of the five types of learning, namely disciplinary, situational, practical, fundamental and pedagogical learning.
- ItemDie rol van 'n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid vir onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe(LitNet, 2017) America, Carina; Van der Merwe, Michele F.Van die vele uitdagings van nuwelingstudente aan universiteite is nie net om ’n meer algemene akademiese woordeskat te ontwikkel nie, maar ook om die vakwoordeskat van hulle studierigting te bemeester. Vir baie studente blyk die ontwikkeling van konsepgeletterdheid ’n besondere uitdaging te wees. Die doel van hierdie studie is om te beskryf hoe die gebruik van ’n veeltalige selfoonwoordeboek, MobiLex,1 kan bydra tot die verbetering van die konsepgeletterdheid van onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe. Die geletterdheidsbehoeftes van nuwelingstudente in ’n ekonomiese en bestuurswetenskappe-klas word beskryf deur melding te maak van die studente se verskillende huistale, asook die onderrigtaal van dosente. Daar word aangevoer dat MobiLex in die leksikografiese behoeftes van Afrikaanssprekende en Xhosasprekende ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente in ’n veeltalige omgewing kan voorsien. Die belangrikheid van die onderrig van ’n gespesialiseerde vakwoordeskat word ondersteun binne die teoretiese raamwerk van die leksikografiese gebruikersperspektief, woordeboekfunksies en konsepgeletterdheid. Die nut van ’n selfoonvakwoordeboek in ’n veeltalige tersiêre-onderwysmilieu word ondersoek en bespreek. Dit is veral studente wat in hulle tweede of derde taal moet studeer wat toenemende steun benodig in die ontwikkeling van ’n vakwoordeskat. Die metodologie in dié beskouingsartikel is ’n dokumentontleding van elektroniese woordeboeke en tersaaklike woordeboekfunksies. Verskeie elektroniese woordeboeke word ondersoek en woordeboekartikels word krities bespreek om te verifieer of hulle aan die bepaalde vereistes van ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente kan voldoen. Dit blyk uit die bespreking dat nie een van dié woordeboeke aan die uiteenlopende leksikografiese vereistes van ’n klas veeltalige studente kan voldoen nie. As oplossing vir dié probleem word ’n pasgemaakte, veeltalige selfoonvakwoordeboek, naamlik MobiLex, voorgestel. Dié vakwoordeboek is drietalig, naamlik Afrikaans, Xhosa en Engels.