Doctoral Degrees (Journalism)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Journalism) by Author "Gastrow, Michael"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe stars in our eyes: representations of the Square Kilometre Array telescope in the South African media(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2015-03) Gastrow, Michael; Claassen, George; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Journalism.AFRIKAANSE OPSOMMING : Die vierkantkilometer-radioteleskoop SKA (―Square Kilometre Array‖) sal na verwagting die grootste teleskoop op aarde en die grootste wetenskapprojek in Afrika wees. Hierdie verhandeling konsentreer op hoe die SKA vanaf September 2011 tot Augustus 2012 in die Suid-Afrikaanse media uitgebeeld is. Dit handel oor die leemtes in die literatuur oor wetenskapkommunikasie, veral wat betref wetenskapkommunikasie in Afrikaverband. Deur uit massa- en wetenskapkommunikasieteorie te put, modelleer die studie kommunikasieprosesse en -uitsette met behulp van ‘n konseptuele raamwerk wat op die gedagte van die openbare sfeer berus. Die navorsing word in die besonder onderstut deur onderhoude met sleutelinformante en die ontleding van nuus- en sosiale media. Die wetenskapkommunikasie oor die SKA gedurende hierdie tydperk was stelselmatig gekenmerk deur ‘n hoë vlak van koördinasie tussen die aansporings, strategieë en strukture van alle hoofrolspelers oor die kommunikasiestelsel heen. Al die hoofrolspelers buite die media het die SKA op so ‘n manier in die openbare sfeer probeer uitbeeld dat dit openbare steun sou werf. Primêre hekwagterfunksies is aan die voorste SKA-organisasie- en openbaresektor-rolspelers toegewys, maar was verder afgewentel binne universiteite. Hekwagterfunksies in die media is hoofsaaklik deur nuuswaarde sowel as institusionele kultuur en organisatoriese kenmerke bepaal. Verhoudings tussen wetenskaplikes en joernaliste was oënskynlik oor die algemeen positief en gegrond op vertroue. Die beduidendste bron van inligting vir joernaliste was die SKA self, gevolg deur rolspelers in die openbare sektor. Tog is ander rolspelers, bepaald plaaslike belanghebbendes, gemarginaliseer. Die Afrikaanstalige media het veral onder plaaslike gemeenskappe ‘n belangrike rol gespeel en het meer dikwels as ander oor die SKA berig. Die sosiale media het die SKA merendeels op ‘n soortgelyke wyse as die nuusmedia hanteer, maar die struktuur van kommunikasie-uitsette is beïnvloed deur die kenmerkende eienskappe van sosiale media self, waaronder die virale verspreiding van boodskappe en hoër vlakke van vryewilsoptrede (―agency‖) deur individuele rolspelers. Tog was daar aanduidings van beduidende media-integrasie, in die sin dat groot Suid-Afrikaanse mediahuise die bron was van die meeste boodskappe in sowel die nuus- as sosiale media.