Doctoral Degrees (Journalism)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Journalism) by Author "Breytenbach, Malene M."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe manipulation of public opinion by state censorship of the media in South Africa (1974-1994)(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997-12) Breytenbach, Malene M.; Claassen, G. N.; Du Plessis, L. M.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.AFRIKAANSE OPSOMMING: Tussen die tydperk 1974 en 1994, terwyl blanke heerskappy in suidelike Afrika stelselmatig beeindig is en die blanke regering van Suid-Afrika die laaste domino in die reeks was wat geval het, het die regering die media en alle publikasies doelbewus gemanipuleer en sensuur toegepas om te voorkom dat die bevolking hul veggees verloor en om die indruk te wek dat die regering staande sou bly. Die regering het andersdenkendes, gebalanseerde verslaggewing en kritiek as 'n bedreiging ervaar, aangesien dit wel deeglik daarvan bewus was dat dit nie die steun van die meerderheid van die bevolking gehad het nie. Die Afrikaanse pers en die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, wat onder regeringsbeheer was, het horn oorwegend gesteun, maar die Engelstalige, swart, buitelandse en altematiewe pers was almal teenstanders of vyandig. Uiteindelik het sommige van die Afrikaanse media ook krities geraak. Vryheid van spraak word as die lewensbloed van die demokrasie beskou, aangesien dit verseker dat regerings verantwoording aan die samelewing doen. Suid Afrika het daarop aanspraak gemaak dat dit die "vryste pers in Afrika" gehad het. In werklikheid was dit slegs 'n gedeeltelike demokrasie wat staande gehou is deur verskeie selfverdedigingsmeganismes soos die beleid van apartheid en die skepping van "tuislande" waar die stemlose swart burgers by hul plekke van oorsprong gestem het en nie in die blank-gedomineerde Parlement nie. In werklikheid het die Suid-Afrikaanse regering die uitwerking van die media op 'n verdeelde samelewing gevrees. Die rasse moes 'n vreedsame naasbestaan voer. Daar is erken dat dit die grondslag van wet en orde gevorm het. As dit nie verwesenlik kon word nie, sou 'n uitdelgingsoorlog of 'n gewelddadige rewolusie gelei deur vryheidsbewegings soos die ANC, kon uitbreek. Die blankes het die mag gehad maar was in die minderheid. Alhoewel die regering heelwat bestee het om stabiliteit en mag te behou, het sekere elemente en gebeurtenisse die mag verweer. Gebeurtenisse soos die lnligtingskandaal, die Angolese oorlog, militere diensplig en die hoe koste verbonde aan die behoud van die ou bedeling, het ontnugtering in die hand gewerk. Ook was daar die alomteenwoordige bedreiging van die vryheidsbewegings wat gewag het om mag oor te neem en in die proses daarin geslaag het om Suid-Afrika kultureel, ekonomies en polities te isoleer. Dit het die regering verswak totdat dit genoop is om krisisbestuur toe te pas terwyl 'n lae-intensiteit, senutergende oorlog voortdurend gevoer moes word, wat senutergend was. Uiteindelik het te veel landsburgers begin besef die apartheidsbeleid het misluk en dat voortbestaan afgehang het van 'n onderhandelde oorgang wat aan demokratiese eise sou voldoen. Na die vasberade stelling wat deur leiers soos BJ Vorster en PW Botha ingeneem is, het die laaste blanke president van Suid-Afrika, FW de Klerk, die bevrydingsproses aan die gang gesit, wat die ontbanning van die ANC, die vrystelling van politieke gevangenes en die beeindiging van die noodtoestand meegebring het. In 1993 het 'n nuwe Grondwet die van 1983 vervang. Dit het beteken dat die pers vryer geword het en daar weer 'n reg op inligting sou wees soos die Menseregtehandves sou verorden. Totdat die FW de Klerk-era aangebreek het, was die media onder toenemende druk om gebeurtenisse weer te gee soos dit die regering gepas het. Beperkende wetgewing is opgele met die doel om staatsveiligheid te handhaaf en 'n gunstiger beeld na buite te projekteer, asook om sogenaamde rewolusionere anti-Suid-Afrikaanse verslaggewing en propaganda te keer. Die Weermag en Polisie en regeringsinstansies soos die Buro vir lnligting en die hele Nasionale Veiligheidstelsel het dit toegepas. Die vernaamste meganisme waardeur die pers gemuilband is, veral die ondersoekende buitelandse pers, was die aankondiging van opeenvolgende noodtoestande toe die aanslag teen die ou bedeling op sy felste was. Ten spyte van die moedeloosheid van sommige mediapraktisyns en die verbete pogings tot geheimhouding van regeringskant, is nuus oor Suid-Afrika steeds die wereld ingestuur. In 'n era van hoetegnologie-kommunikasie en satelliete kan feite nie meer verberg word nie. Mense met die waagmoed om ondersoek in te stel na, en die waarheid bloot te le oor die interne en eksterne reperkussies vir Suid-Afrika terwyl die blanke regering ten gronde gegaan en 'n nuwe bedeling vorm aangeneem het, kon eenvoudig nie die swye opgele word nie.