Department of Education Policy Studies
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Education Policy Studies by browse.metadata.advisor "Dreyer, Lorna"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie aard van leerderafwesigheid in ʼn plattelandse skool(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2016-12) Engelbrecht, Louisa; Dreyer, Lorna; Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. Education Policy StudiesAFRIKAANSE OPSOMMING : Leerderafwesigheid, wat ‘n komplekse probleem is in plattelandse skole, was die fokus vir ‘n intensiewe ondersoek. Hierdie ondersoek na leerderafwesigheid is ’n volgehoue proses om die voorkoms, simptome en karaktertrekke van leerders te verstaan. Ten spyte van die Departement van Basiese Onderwys se duidlike riglyne oor die belangrikheid van gereelde skoolbywoning wat ook die ouers, skool en leerders se verantwoordelikheid insluit, bly leerders nog steeds afwesig vanaf die skool. Die klem van hierdie studie het ook spesifiek geval op die sosio-ekonomiese en kulturele karaktereienskappe van die plattelande skool en die gemeenskap waar leerderafwesigheid die wesenlike probleem is. Hierdie plattelandse leerders en gemeenskappe ervaar verskeie uitdagings, soos byvoorbeeld leerderafwesigheid, lae akademiese uitslae en dissiplinêre probleme. Die basiese interpretatiewe kwalitatiewe navorsingsparadigma is gebruik binne die die bio-ekologiese teoretiese raamwerk. Doelbewuste steekproewe is gedoen by die skool en die data is by wyse van agt semi-gestruktureerde individuele onderhoude, een fokusgroeponderhoud en visuele tekeninge ingesamel. Die versamelde data is geanaliseer volgens die inhoudsanalise. Na aanleiding van die data-analise en kodering het daar vier hoof kategorieë na vore gekom. Die vier hoof kategorieë is eerstens, omgewings faktore wat die kind se woonbuurt, skool se ligging en dwelmafhanklikheid insluit; tweedens, persoonlike faktore wat die kind se ouers en portuurgroep insluit; derdens die gesinsuitdagings wat die gesins-dinamika en ekonomiese faktore insluit en laastens die skoolaangeleenthede, naamlik boelie, kurrikulum en ouerbetrokkendheid. Die bevindinge was dat leerderafwesigheid deur verskillende sisteme soos die gesin, skool en gemeenskap beïnvloed word. Die fisiese, ekonomiese en sosiaal-maat-skaplike kwessies waarbinne die kind funksioneer, speel ‘n deurslaggewende rol in die leerders wat probleme ervaar met leerderafwesigheid. Die plattelandse konteks, waar gesinne in armoede leef en op plase werk as seisoenwerkers, het ‘n groot impak op die leerders se belewenis van skoolbywoning.