Department of Soil Science
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Soil Science by browse.metadata.advisor "Archer, E."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemWater consumption of South African vineyards : a modelling approach based on the quantified combined effects of selected viticultural, soil and meteorological parameters(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1998-12) Myburgh, P. A.; Van Huyssteen, L.; Archer, E.; Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Department of Soil Science.AFRIKAANSE OPSOMMING: Normaalweg word slegs een of twee stelle gewasfaktore in kombinasie met 'n verwysingwaterverbuik (ET) vir die beraming van gewas waterverbruik (ET) van wingerde gebruik. As gevolg van variasie tussen wingerde beperk hierdie gewasfaktore die akkuraatheid waarmee produsente besproeiing kan bestuur om produksie en gehalte te optimiseer. Die doel van hierdie studie was om 'n waterverbruikmodel, wat die variasie tussen wingerde in ag neem, te ontwikkel. Die hittepuls tegniek is gekalibreer om sapvloei oor kort periodes in wingerdstamme te meet. 'n Kalibrasiekurwe vir sapvloei teenoor tyd is ontwikkel. Om vir variasie van sapvloei in xileem voorsiening te maak, is vier sensors per stam gebruik. Sapvloei is in geselekteerde wingerde onder verskillende toestande gemeet. Daaglikse sapvloei per stok het toegeneem met blaaroppervlak. Uurlikse sapvloei het nie reglynig met straling toegeneem nie, wat daarop gedui het dat maksimum huidmondjie-opening net 'n vaste hoeveelheid transpirasie toegelaat het. In sommige gevalle het sapvloei gedurende die dag tydelik afgeneem wat op 'n waterbesparingsmeganisme as gevolg van huidmondjie-sluiting onder toestande van hoe ligintensiteit gedui het. In vergelyking met droëlandtoestande, het besproeiing slegs aanvanklik hoë sapvloeipieke geïnduseer. Dit het impliseer dat, benewens verhoogde transpirasie, turgiditeit in selle ook herstel is. In vergelyking met loweroppervlak-oriëntasie en meteorologiese toestande, het oeslading en besproeiing beperkte effekte op daaglikse sapvloei gehad. Tagtig persent van variasie in sapvloei kan op grand van blaaroppervlak en ET voorspel word. As gevolg van verskille in die hoeveelheid blare aan straling blootgestel, was die voorspelling meer akkuraat wanneer tussen horisontale en vertikale lowers onderskei is. Aangesien toename in beskaduwing met 'n toename in lowerdigtheid, asook kultivareienskappe en waterspanning, nie in ag geneem is nie, word hierdie modelle as 'n eerste benadering beskou. 'n Li-Cor LAl -2000 Plant Canopy Analyzer (PCA) is in geselekteerde wingerde gekalibreer om blaaroppervlakindeks (BOIpca) te meet. Alhoewel die PCA werklike blaaroppervlakindeks (BOI) onderskat het, is die nou korrelasie tussen BOl pca en BOI gebruik om blaaroppervlakontwikkeling te meet. Blaaroppervlakontwikkeling is in agt wingerde, wat ten opsigte van kultivar, plantafstand en prieelstelsel verskil het, in vyf wingerdbougebiede gemeet. Seisoenale verandering in blaaroppervlak kon met derde orde polinomiese vergelykings, met dag van groeiseisoen as enigste veranderlike, voorspel word. Afsonderlike potensiële groeikurwes is vir die Winterreën en Somerreën gebiede ontwikkel. Die gebruik van lootmassa om maksimum blaaroppervlak te voorspel, was minder akkuraat as wanneer die vars blaarmassa gebruik is. Horisontale priële het meer blare per eenheid lootmassa as vertikale priële geproduseer. Water wat daagliks in bogrondse dele van die wingerdstok gestoor word, het slegs breukdele van 'n millimeter beloop en kon dus in die voorspelling van waterverbruik geïgnoreer word. Verdamping vanaf die grondoppervlak (E) is met mini-lisimeters in wingerde gemeet om die Boesten & Stroosnijder model te evalueer en aan te pas. Onder nat grondtoestande was daar 'n neiging tot hoër E in die middelste gedeelte van die werksry. Verdamping vanaf onbewerkte grond sonder 'n deklaag is met aanvaarbare akkuraatheid deur die model voorspel. Die model moes egter aangepas word om interaksie tussen die lower en grond in ag te neem. Daar was 'n neiging tot hoër E onder horisontale priële as by vertikale priële gedurende fase twee van verdamping. Verdamping het ook tussen die ses grondtipes wat in hierdie studie gebruik is, verskil. 'n Strooideklaag het E betekenisvol onder relatiewe nat toestande beperk. Vir die meeste gronde het die deklaag na tien dae geen verskil in vergelyking met grond sonder 'n deklaag gehad nie. Daar was 'n reglynige verband tussen kumulatiewe E en ET vasgestel. Kumulatiewe E was gemiddeld ongeveer 30 % van kumulatiewe ET. Die transpirasie en oppervlakverdamping modelle is gekombineer om as basis vir 'n voorlopige voorspellingsmodel vir evapotranspirasie te dien. Gesimuleerde ET is teenoor werklike ET, soos gemeet in agt wingerde onder verkillende toestande, vergelyk. Hierdie wingerde het 'n reeks veranderlikes soos besproeiingstelsel, grondtipe, grondwateronttrekkingspeile, prieelstelsel en groeikrag aangespreek. Slegs eenvoudige parameters soos lootmassa, plantafstand, loweroppervlak-orientasie, verwysingswaterverbruik en 'n konstante waarde wat die verdampingsverliese vanaf 'n spesifieke grondtipe bepaal, is as invoere gebruik. Gesimuleerde ET het bevredigend met werklike ET vergelyk, en dus die akkuraatheid van die model bevestig.