Sir Thomas Muir en die onderwys in Kaapland tydens sy bestuur as superintendent-generaal van onderwys, 1892-1915
Date
1942
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie wat hier volg, het as onderwerp die lewe en werk van
'n merkwaardige man. As daar ooit 'n persoon gewees het wat horn hart
en siel beywer het vir die verspreiding van onderwys in Suid-Afrika,
dan was dit sir Thomas Muir. Hy het groot dienste aan die onderwys
m Suid-Afrika bewys en heelwat van blywende aard tot stand gebring.
Treffend is die heldere insig wat sir Thomas Muir onmiddellik na
sy aankoms in die land in die toestand van onderwyssake gekry het
en die deeglikheid en deursettingsvermoe wat hy aan die dag gele het
om die onderwys op gesonde voet te bring. Sy uitstaande <liens aan die
onderwys in Kaapland was die skepping van die masjinerie wat die latere
uitbreiding onder sy bekwame bestuur moontlik gemaak het. Ook h~t hy
groat bydraes tot alle vertakkings van die onderwysstelsel gemaak : die
leerplan van die primere skool het hy hersien en verryk met die voorheen
verwaarloosde vakke soos sang, teken, naaldwerk, houtwerk en huishoudkunde;
sekondere onderwys het hy van voor-af georganiseer en doeltreffende
hoerskole in die !ewe geroep; die opleiding en status van onderwysers
bet hy verbeter en verhoog; deur sy toedoen het die skoolraadstelsel
ontstaan; en die nasionalisasie van skoolgeboue bet by teweeggebring.
Nadruk moet veral gele word op sir Thomas se aandeel in die
totstandkoming van die ,, Armskole " waardeur die minderbevoorregtes
ook in staat gestel is om onderwys te kan geniet. Onder die suiwer
vrywillige onderwysstelsel van destyds was <lit uiters moeilik vir die armes
om sonder hulp 'n skoolopvoeding te bekom. Sy optrede in verband hiermee
verdien alle !of en waardering.
Hierdie studie gaan uit van die standpunt om 'n billike en regverdige
oorsig van sir Thomas Muir en sy werk te gee. Daar word dus gewys
op die dinge deur horn verrig waarvoor ons dankbaar moet wees en
waarvoor hy in die verlede miskien nie genoeg erkenning ontvang het
me. Aan die ander kant moet daarop gewys word dat sir Thomas Muir gedurende sy loopbaan dikwels in ernstige botsing gekom het met
sekere dele van die bevolking en die skrywer vertrou dat dit horn nie
ten kwade sal gedui word nie ingeval hy horn onomwonde uitspreek
oor die geskilspunte.
Aangesien behandeling van ons onderwerp tematies en nie kronologies
geskied nie, verskyn daar reeds vroeg kritiek op Muir se beleid
en optrede. Die kritiek het veral betrekking op sy enigsins outokratiese
optrede in soveel sake en ook op sy houding teenoor die taalvraagstuk.
Hoe ons ook van sir Thomas Muir en sy optrede verskil, bly die een
onweerlegbare feit, deur enigeen met 'n heldere en onpartydige oordeel
erken, dat hy voortreflike deugde besit het wat hy in die lig van sy
eie oortuiging heelhartig in <liens van sy aangenome vaderland gestel het.
Description
Proefskrif (D. Ed.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1942.
Keywords
Muir, Education -- South Africa -- Cape of Good Hope, Dissertations -- Education, UCTD