Faculty of Law
Permanent URI for this community
The Faculty of Law is situated in the Old Main Building, the centre of Stellenbosch. Initially the Faculty concentrated on LLB degrees, training and equipping students, not merely as legal practitioners, but also as jurists. Graduates of the Faculty include judges, advocates, attorneys, business people, politicians and academics.
Browse
Browsing Faculty of Law by Subject "Action and defenses -- South Africa"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemFaktore en beleidsoorwegings by die bepaling van 'n kontraksparty se regsplig teenoor 'n derde party : 'n kritiese bespreking van Viv's Tippers (Pty) Ltd v Pha Phama Staff Services (Pty) Ltd t/a Pha Phama Security 2010 4 SA 455 (HHA)(LitNet Academic, 2012-12) Wessels, A. BernardOPSOMMING: In die onderhawige saak het die eiser ingevolge ’n huurkontrak sy motorvoertuig aan ’n konstruksiemaatskappy verhuur. Die konstruksiemaatskappy het op sy beurt ’n sekuriteitsmaatskappy aangestel om die konstruksieperseel te beveilig. Nadat die eiser se voertuig van die perseel gesteel is, stel hy ’n deliktuele skadevergoedingseis teen die sekuriteitsmaatskappy in. Die hoogste hof van appèl klassifiseer die diefstal van die eiser se motorvoertuig as suiwer ekonomiese verlies. Aangesien die veroorsaking van suiwer ekonomiese verlies nie as prima facie onregmatig beskou word nie, moes die hof bepaal of die sekuriteitsmaatskappy volgens die regsopvattings van die gemeenskap ’n regsplig opgelê kan word, en indien wel, of die nienakoming van sodanige plig onredelik was. Die beantwoording van hierdie vrae het onder andere vereis dat die hof allerlei relevante beleidsoorwegings en faktore moes ondersoek ten einde te bepaal of die verweerder se optrede as onregmatig beskou kan word. Binne hierdie konteks moes die hof ook die verdere vraag ontleed: Wat is die impak van die uitsluitingsklousule in die sekuriteitskontrak op die oplegging van ’n regsplig teenoor ’n niekontrakterende derde party? Daar word aangevoer dat die hof nie die nodige aandag aan die volgende faktore en beleidsoorwegings verleen het nie: (a) die beheer wat die sekuriteitsmaatskappy oor die perseel asook die gesteelde voertuig uitgeoefen het; (b) die redelike voorsienbaarheid van die ekonomiese verlies wat volgens die hoogste hof van appèl se eie vroeëre bevindinge wél relevant is by die onregmatigheidsondersoek en wat grotendeels die hof se vrees vir onbeperkte aanspreeklikheid kon besweer; (c) die praktiese stappe wat die sekuriteitsmaatskappy kon gedoen het om die intrede van die verlies te vermy; (d) die omvang van die risiko van intrede van die verlies; en (e) die skep van ’n redelike verwagting by die voertuigeienaar dat sy belange beskerm sou word – iets wat die sekuriteitsmaatskappy ook redelikerwys kon voorsien het. Daar word verder aangevoer dat die hof oordrewe klem plaas op die eiser se onvermoë om sigself behoorlik te beskerm teen die intrede van enige skade aan sy voertuie en dat die erkenning van die skadevergoedingseis nie in hierdie geval sou lei tot onbeperkte aanspreeklikheid nie. Laastens word aangevoer dat sekuriteitskontrak wel ’n belangrike faktor is wat in ag geneem moet word by die bepaling van ’n regsplig. Daar word egter voorgehou dat die implikasie van die uitspraak, naamlik dat ’n uitsluitingsklousule kan funksioneer as ’n beding ten laste van ’n niekontrakterende derde party wat onafhanklik van die kontraktuele verhouding tussen die perseel-okkupeerder en sekuriteitsmaatskappy staan, nie wenslik is nie. Alhoewel die bepalings van ’n kontrak ’n bepalende faktor by die onregmatigheidsvraagstuk is, volg dit nie dat sodanige kontrak ook bindend is ten opsigte van niekontrakterende derde partye nie. In die laaste paragraaf word gekyk na die benaderings wat in ander jurisdiksies oor hierdie netelige kwessie gevolg word.